VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat

PERSVERKLARINGS

ToekomsVonk Persverklarings


Back to overview

10/03/2020

Plaasaanvalle en Plaasmoorde: Januarie en Februarie 2020

Aandag: Alle media
Datum: 10 Maart 2020
Kontak: amor@toekomsvonk.co.za

ToekomsVonk hou vanaf 2017 noukeuring rekord van aanvalle en moorde op ons Boere. Aan die einde van Februarie 2020 lyk die statistieke soos volg:

In Januarie en Februarie 2020 het daar 50 Plaasaanvalle plaasgevind en 7 boere is in Februarie 2020 vermoor. Die oudste slagoffer van ‘n plaasaanval was 92.

Gedurende hierdie twee maande, was Vrydae die gevaarlikste dag met die meeste (20%) aanvalle wat dan plaasvind. 45% Van aanvalle gedurende die twee maande het plaas gevind in die nag tussen 18:00 en 24:00.

Vergelykend was daar 12 boere in die tydperk in 2017 vermoor, 13 in 2018, 7 in 2019 en 7 in 2020.


Die aantal aanvallers, tydens aanvalle, in Jauarie en Februarie het soos volg gewissel vir die tydperk 2017 – 2020:


Hierdie statistieke maak dit duidelik dat plaasaanvalle nie deur individue uitegevoer word nie, maar deur bendes van gemiddeld 6 – 8 mense.

Die gemiddelde ouderdomme van slagoffers van Plaasaanvalle- en moorde lyk soos volg:


ToekomsVonk se meegevoel is met elke familie wat ‘n geliefde verloor het as gevolg van plaasmoorde. Plaasaanvalle- en moorde is ‘n realitiet en die regering se ongewilligheid om iets daaraan te doen is onverskoonbaar.

Deur ons plaasbeveiligingsprojek, poog ToekomsVonk om gedurende 2020 meer as 50 boere gratis te voorsien van veiligheidstoerusting wat bestaan uit vroeë waarskuwingstoerusting. Saam kan ons, ons boere help om veilig te wees.

Vir meer inligting kontak gerus:

Amor Gerber
Direkteur: VonkVeiligheid
E-pos : amor@toekomsvonk.co.za



Back to overview