VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat

NUUSARGIEF


Nuusbrokkies Julie 2020


Back to overview

30/07/2020

Wit boere in Zimbabwe word dalk vergoed

30 Julie 2020
Rachel Prinsloo

‘n Ooreenkoms is Woensdag met die wit boere onderteken deur die Zimbabwiese regering om vir hulle 3,5 miljard Amerikaanse Dollar te betaal, nadat van die boere twee dekades terug van hulle grond afgeskop is.
Die regering het glo nie die geld nie, daarom is ‘n komitee opgerig waarin die boere betrokke is, opgerig om vir hulle die geld in te samel.
Tydens die ernstige gronhervormingsprogram deur Robert Mugabe destyds, het ongeveer 4000 boere, groot dele van hul grond verloor.
Die vergoeding gaan egter nie aan die grond nie, maar vir die infrastrukture soos besproeiingstelsels, geboue en putte.
Dit behoort ongeveer 5 jaar te neem voor die boere volle betaling kan ontvang, maar met die finansiele krisis wat Zimbabwe deurgaan, is dit onduidelik of hulle dit wel sal ontvang.



Back to overview