VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat

NUUSARGIEF


Nuusbrokkies Julie 2020


Back to overview

30/07/2020

Besigheid eienaar en werkers aangehou deur bende

30 Julie 2020
Rachel Prinsloo

‘n Springfield Park besigheid-eienaar en sy werkers is Saterdagoggend oorval deur ‘n bende, aanghou met ‘n vuurwapen en vasgebind.
Blue Security reaksie-offisiere het omstreeks 9:30 op die voorval reageer. Die eienaar was besig om die winkel oop te sluit toe die bende van ongeveer 6 lede saam met die eienaar by die winkel in storm.
Een verdagte was gewapen. Die werkers en die eienaar is vasgebind, waarna die verdagtes die perseel geplunder het.
Hulle het met televisietoestelle, skootrekenaars, monitors en kontant in ‘n wit voertuig gevlug.
Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die polisie van Greenwood Park ondersoek tans die saak.



Back to overview