VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat

NUUSARGIEF


Nuusbrokkies Julie 2020


Back to overview

30/07/2020

8-Jarige meisie se liggaam gevind na ontvoering

30 Julie 2020
Rachel Prinsloo

Die 8-jarige meisie se liggaam is vroeg Donderdagoggend gevind, nadat sy Dinsdag as vermis aangemeld is in die Tzaneen omgewing. Die meisie is vermoedelik ook verkrag voordat sy vermoor is.
Die polisie het na haar halfbroer gesoek, omrede hulle Maandagmiddag saam gesien is oppad na ‘n plaaslike winkel.
Die polisie het Woensdag inligting ontvang dat die verdagte ‘n tradisionele geneeser in Achornhoek in Mpumalanga gaan besoek het en het hom daar gearresteer.
Die Verdagte sal na verwagting Vrydag in die Ritavi-landdroshof verskyn.



Back to overview