VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat

NUUSARGIEF


Nuusbrokkies Julie 2020


Back to overview

31/07/2020

Twee gewapende rowers geskiet tydens rooftog

31 Julie 2020
Rachel Prinsloo

Twee rowers is Donderdagaand doodgeskiet tydens ‘n skietgeveg met die polisie, na ‘n gewapende roof op twee winkels in Malmerbury.
Die verdagtes het in ‘n wit minibus taxi gevlug met sigarette, kontant en selfoonlugtyd.
Lede van die Darling-polisiestasie, het die taxi by ‘n vulstasie in Darling gesien; hulle het vir die verdagtes gesê om uit die voertuig te klim.
Die verdagtes het nie hul samewerking gegee nie en het op die polisie begin skiet. Twee verdagtes is doodgeskiet, ses, onderskeidelik 26 en 33 jaar oud, is gearresteer en een het daarin geslaag om te vlug.
Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdoshof verskyn.



Back to overview