VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat

NUUSARGIEF


Nuusbrokkies Julie 2020


Back to overview

31/07/2020

Ouers en dogter in Vredenburg aangeval

31 Julie 2020
Rachel Prinsloo

‘n Bejaarde paartjie en hul dogter is Donderdag deur drie verdagtes aangeval en beroof by hul huis in Vredenburg, Wes-Kaap.
Geraldine Prinsloo (36) was omstreeks 19:00 buite, toe drie verdgtes in ‘n Silwer Corsa-bakkie in hul erf in ry. Haar ma Estella (61) en pa Stephen (63), was besig om aandete te eet.
Die verdagtes het voorgegee om hout te koop, waarna Geraldine in die huis kleingeld gaan haal het. Sy het besef dat iets fout is en het selfs die peppersproei gaan haal.
Die verdagtes het vir Estella in die houtstoor in gepluk waarop sy herhaaldelik gesê het dat Geraldine kleingeld sal bring. Een van die verdagtes het haar met ‘n geweer op haar bors begin slaan. Estella het die verdagte met die peppersproei gespuit maar hy het haar deur die gesig en weer met die geweer, geslaan.
Die verdagtes het Geraldine die huis in, daar vir Stephan teen ‘n muur vasgedruk en met die geweer oor sy kop geslaan.
Die verdagtes het aangedring op die kluis se sleutels. Die gesin het vir die verdagtes gesê dat daar geld in die houtstoor is. Een van die verdagtes het die geweer teen Estella se kop gedruk en haar na die houtstoor forseer. Sy het die geldlaai oopgemaak en die kontant vir hom gegee.
Daar was ‘n struweling tussen Geraldine en die verdagtes oor haar selfoon; Stephan het die verdagtes van haar afgepluk, waarna Geraldine by die voordeur uit gevlug en oor ‘n hoë muur gespring het om hulp te gaan kry.
Die verdagtes het gevlug nadat hulle besef het dat Geraldine weggekom het.
Die polisie ondersoek tans ‘n saak van huisroof.



Back to overview