VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat

NUUSARGIEF


Nuusbrokkies Julie 2020


Back to overview

31/07/2020

Luiperd in die Noorde van Pretoria gevind

31 Julie 2020
Rachel Prinsloo

Die DBV is tans besig met ‘n ondersoek om vas te stel hoe ‘n luiperd uit die Natuurreservaat ontsnap het en in die Klipgat dorp, Noord van Pretoria, beland het.
Die luiperd is Woensdag in die strate gesien deur gemeenskapslede van Klipgat. Die personeel van die DBV is in kennis gestel van die voorval, waarna hulle dadelik op die voorval gereageer het.
Met die DBV se aankoms waar die luiperd laaste gesien is, het hulle hom onder ‘n voertuig in ‘n erf gekry waar hy weggekruip het. Die Luiperd is met ‘n pylgeweer geskiet sodat hy kan slaap.
Die luiperd is na ‘n gesondheidsfasilitiet geneem om hom te ondersoek vir enige beserings.
Niemand is tydens die voorval beseer nie. Sodra die DBV se ondersoek afgehandel is, sal die luiperd weer in die Natuurresservaat vrygelaat word.



Back to overview