VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat

NUUSARGIEF


Nuusbrokkies Julie 2020


Back to overview

31/07/2020

Man verskyn in hof vir verkragting

31 Julie 2020
Chantall Jv Rensburg
‘n Man (46) het gister voor die Atlantis-Landdroshof vir statutêre verkragting en die verspreiding van kinderpornografie verskyn.
Die getroude man wat ook kinders het, het homself onderskeidelik as ‘n rugbyafrigter, fotograaf, fiksheidskenner sowel as ‘n homoseksuele vrou voorgedoen.
Sy eerste slagoffer is ‘n 15-jarige meisie wat alles in haar vermoë gedoen het om ‘n suksesvolle model te word. Sy tweede slagoffer was ‘n kollega by die werk, waar hy homself voorgedoen het as ‘n dokter.
Die beskuldige het reeds op 14 April borgtog gekry van R10 000 en verdere inligting aangaande sy verskyning gister in die hof, sal later deurgegee word..



Back to overview