VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 2 Augustus 2020



Skooljaar sal op 15 Desember eindig

2 Augustus 2020

Amor Gerber

Die skooljaar sal volgens die Departement van Basiese onderwys nie oorrol na 2021 toe nie, maar aanhou tot 15 Desember 2020.


GR12 leerders sal tot 15 Desember eksamen skryf en die vraestelle behoort teen 22 Januarie 2021 gemerk te wees. Die Matriekuitslae behoort dan teen middel na einde Februarie beskikbaar te wees.


Regering erken rokers is minder geneig om COVID-19 op te doen

2 Augustus 2020

Amor Gerber

Die regering het teenstrydige argumente gemaak in hofstukke in die BATSA hofsaak, waar BATSA die hof vra om die rookverbod onmiddelik op te hef.

Een van die argumente wat die regering maak is dat rokers meer geneig sou wees om die virus op te doen wanneer hulle sigratte koop. Die regering sê egter nie hoekom die koop van sigarette meer gevaarlik sou wees as die aankope van enige ander produk nie.

Die regering het verder ook erken dat rokers minder geneig is om die virus op te doen, maar dring steeds daarop aan dat rokers ernsiger siek sal word as hulle COVID opdoen.

 


Allerlei

Feed

10/07/2020, 03:58 PM

PLAASSENSUS

Deur Rachel Prinsloo Ons boere is tans in 'n styd vir oorlewing. By ToekomsVonk probeer ons help waar ons kan. Met ons VeiligheidsVonk projek, gee ons al van 2019 vroeë waarskuwings toerusting aan boere wat...   More





NUUSBROKKIES


Back to overview

01/08/2020

Twee dood na polisie skiet

01 Augustus 2020
Chantall Jv Rensburg

Twee verdagtes is Donderdag doodgeskiet, nadat hulle ‘n winkel beroof het.
Die verdagtes het omstreeks 19:30 die eienaars van die winkel aangehou met vuurwapens en daarna met sigarette, kontant en lugtyd gevlug het.
Die verdagtes se bussie was opgemerk deur polisielede van Darling. Die verdagtes het begin skiet op die polisie en twee is noodlottig gewond toe die polisie terug skiet.



Back to overview


 




Die groot vraag

Vertrou jy die regering se besluite rondom COVID-19?

  Ja   Nee

Nuus oor ons mense, vir ons mense....deur ons mense

annibrand@vonkmedia.co.za

Kopiereg 2020 VonkMedia NPC Reg Nr: 2018/228148/08

008381



Ondersteun gerus ons Adverteerders