VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 2 Augustus 2020



Skooljaar sal op 15 Desember eindig

2 Augustus 2020

Amor Gerber

Die skooljaar sal volgens die Departement van Basiese onderwys nie oorrol na 2021 toe nie, maar aanhou tot 15 Desember 2020.


GR12 leerders sal tot 15 Desember eksamen skryf en die vraestelle behoort teen 22 Januarie 2021 gemerk te wees. Die Matriekuitslae behoort dan teen middel na einde Februarie beskikbaar te wees.


Regering erken rokers is minder geneig om COVID-19 op te doen

2 Augustus 2020

Amor Gerber

Die regering het teenstrydige argumente gemaak in hofstukke in die BATSA hofsaak, waar BATSA die hof vra om die rookverbod onmiddelik op te hef.

Een van die argumente wat die regering maak is dat rokers meer geneig sou wees om die virus op te doen wanneer hulle sigratte koop. Die regering sê egter nie hoekom die koop van sigarette meer gevaarlik sou wees as die aankope van enige ander produk nie.

Die regering het verder ook erken dat rokers minder geneig is om die virus op te doen, maar dring steeds daarop aan dat rokers ernsiger siek sal word as hulle COVID opdoen.

 


Allerlei


Back to overview

10/07/2020

PLAASSENSUS

Deur Rachel Prinsloo
Ons boere is tans in 'n styd vir oorlewing.
By ToekomsVonk probeer ons help waar ons kan. Met ons VeiligheidsVonk projek, gee ons al van 2019 vroeë waarskuwings toerusting aan boere wat dit nie kan bekostig nie.
Ons skenk 'beams', solar ligte, tweerigting radio's en kameras om boere te help om hulself te beveilig. Ons besef ook dat geen maatreël 100% veilig is nie, maar met die aanvalle en moorde op ons boere kon ons nie langer sit en toekyk nie.
Waarskuwings toerusting stel die boer en sy familie in kennis van oortreeders op hulle werf, en help dat hulle, hulsef in gereedheid kan bring vir 'n aanval. Alarms wat afgaan is ook (soms) 'n afskrikmiddel vir hierdie oortreeders.
Help ons om ons boere veiliger te hou. Ons almal weet sonder ons boere kan ons nie eet nie. Maar ons boere word geteiken deur gewetenlose kriminele, gemartel, vermink en vermoor.
Skenk R100 en help ons om meer boere te help!!
Boere wat inaanmerking wil kom vir hulp, vul asb ons Plaassensus op ons webwerf in.
http://www.toekomsvonk.co.za/VONKprojekte/VeiligheidsVONK/



Back to overview



NUUSBROKKIES

Feed

03/08/2020, 11:28 AM

COVID-19 gevalle styg

03 Augustus 2020 Chantall Jv Rensburg Die aantal positiewe COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 511 485 . Die aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 8 366. 347 277 Mense het herstel van die...   More


03/08/2020, 11:28 AM

Veediefstal: 60 skape teruggekry, Oos-Kaap

03 Augustus 2020 Chantall Jv Rensburg Op Vrydag 31 Julie 2020, is 60 skape teruggekry, nadat hulle in Pitoli, Oos-Kaap gesteel is. Die polisie het gereageer op ‘n oproep van ‘n man wat se vee gesteel is. Die...   More


03/08/2020, 11:27 AM

Vrou voor verkeerbeamptes ontvoer

3 Augustus 2020 Rachel Prinsloo ‘n 26-Jarige vrou is Donderdag in Stock Weg, Phillippi-Oos, ontvoer. Die vrou is omstreeks 17:00 deur ‘n verkeersbeampte voorgekeur. Terwyl hulle langs die pad gestaan het, het...   More


03/08/2020, 11:27 AM

Vyf mense sterf in botsing

3 Augustus 2020 Rachel Prinsloo Vyf mense is dood en drie beseer Sondagmiddag na ‘n kop-aan-kop-botsing in Mpumalanga. Die botsing het omstreeks 14:00 plaasgevind op die R29 tussen Kinross en Leandra. Net die...   More


02/08/2020, 02:56 PM

Aanvaller van Zastron plaasaanval een van Ramaphosa se 19000 op parool

2 Augustus 2020 Rachel Prinsloo Dit het aan die lig gekom dat die aanvaller wat betrokke was met die wrede plaasaanval op Daleen van der Hover (80), op 3 Julie 2020 omstreeks 02:00, op ‘n plaas in Zastron in...   More


Older >>


 




Die groot vraag

Vertrou jy die regering se besluite rondom COVID-19?

  Ja   Nee

Nuus oor ons mense, vir ons mense....deur ons mense

annibrand@vonkmedia.co.za

Kopiereg 2020 VonkMedia NPC Reg Nr: 2018/228148/08

008383



Ondersteun gerus ons Adverteerders