19 Januarie
2013 Die skrywer, Pieter Willem Grobbelaar, navorser en skrywer van volksverhale en kinderboeke, sterf op hierdie dag.
1984 Die Standerbende beroof drie banke op hierdie een dag, binne minder as ‘n uur in Johannesburg.
1977 Die Verenigde Party in SA, skors ses Volksraadslede, wat op hulle beurt die Onafhanklike Verenigde Party, wat later die Suid-Afrikaanse Party genoem word, stig.
1958 Hannes la Grange is die eerste Suid-Afrikaner wat die Suidpool bereik.
1938 General Motors begin massaproduksie van dieselenjins.
1920 Alexandre Millerand vorm Franse regering.
1916 Die Onderwyserskollege Oudtshoorn, Wes-Kaap, verkry onafhanklikheid.
1903 Nuwe fietswedren "Tour de France" word aangekondig.
1901 Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Rietfontein, Lichtenburg/Marico
1900 Die kanon genaamd, Long Cecil word getoets en vir die eerste keer afgevuur.
1874 Opening van die Hugenote-seminarie in die Wagenmakersvallei. Jong meisies uit verskillende dele van Suid-Afrika het na die skool gegaan.
1806 Die Kaap word vir die tweede keer Britse grondgebied, nadat die voorwaardes van oorgawe in Blaauberg bevestig is.
1563 Die Heidelbergse Kategismus verskyn. Dit vorm saam met die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls die Drie Formuliere van Enigheid van die vernaamste Afrikaanse Protestantse kerke in Suid-Afrika.
Deur Rachel Prinsloo
Ons boere is tans in 'n styd vir oorlewing.
By ToekomsVonk probeer ons help waar ons kan. Met ons VeiligheidsVonk projek, gee ons al van 2019 vroeë waarskuwings toerusting aan boere wat dit nie kan bekostig nie.
Ons skenk 'beams', solar ligte, tweerigting radio's en kameras om boere te help om hulself te beveilig. Ons besef ook dat geen maatreël 100% veilig is nie, maar met die aanvalle en moorde op ons boere kon ons nie langer sit en toekyk nie.
Waarskuwings toerusting stel die boer en sy familie in kennis van oortreeders op hulle werf, en help dat hulle, hulsef in gereedheid kan bring vir 'n aanval. Alarms wat afgaan is ook (soms) 'n afskrikmiddel vir hierdie oortreeders.
Help ons om ons boere veiliger te hou. Ons almal weet sonder ons boere kan ons nie eet nie. Maar ons boere word geteiken deur gewetenlose kriminele, gemartel, vermink en vermoor.
Skenk R100 en help ons om meer boere te help!!
Boere wat inaanmerking wil kom vir hulp, vul asb ons Plaassensus op ons webwerf in.
http://www.toekomsvonk.co.za/VONKprojekte/VeiligheidsVONK/
.
Stuur jou eg boerekosresep aan ons by annibrand@vonkmedia.co.za