Suid-Afrika: Die land waar absurd, normaal is.
26 Julie 2020
Helga Swart
Meeste oggende wanneer ek verskeie nuusartikels lees, moet ek seker maak van die datum. Nie omdat ek vergeetagtig is nie, maar omdat ek daagliks artikels lees wat my laat wonder of dit nie dalk ʼn “April’s fool” grap is nie……
Net hierdie week was daar ʼn hele paar sulke artikels. Die absurde, wat ons normaal geword het in Suid-Afrika. As jy dit dalk gemis het, deel ek graag met jou. Hier is my top 5 van die week:
1. Ramaphosa belowe alle COVID-19 geld wat gesteel is of wanbestee is sal teruggekry word.
In Suid-Afrika is korrupsie en plundering van staatsgeld niks nuuts nie. Wat hierdie hele ding vir my so lagwekkend maak is dat (a) Ramaphosa baie trots vir die nasie vertel van al die maatreëls wat hy nou in plek gaan sit om die diefstal te voorkom en (b) dat die regering enigsins die illusie gehad het dat COVID geld veilig sou wees by dieselfde korrupte amptenare wat al jare geld steel.
Hoe kan ʼn president op nasionale TV gaan en so trots vertel van ʼn nuwe eenheid wat hy geskep het wat nou korrupsie gaan stop en elke sent van die COVID geld gaan terug kry. Mr President, ek skaam my vir jou en jou kaders. Moet ons nou bly wees dat jy iets na die tyd gaan doen? Jou mense gaan dood van die honger oor JOU amptenare skelms is. Dis tegelykertyd snaaks en hartseer. Dink jy regtig ons is so dom om bly te wees dat jy NOU eers gesteelde geld wil terug kry?
Die hartseer deel is egter, dat na 26 jaar in bewind, die ANC biljoene rande se wanbesteding toegelaat het. Met so geskiedenis, hoekom was daar nie beter maatreëls in plek om hierdie COVID geld te beskerm nie. Tsk, Mr President, het jy nog nooit geleer dat voorkoming beter as nasorg is nie?
2. Kaapstad-man vir 500 jaar gevonnis omdat hy MTN se toring toerusting gesteel het. Maar sal net effektief 13 jaar in die tronk sit.
Nou kyk, ek is ʼn voorstaander van enige skelm wat toegesluit word vir sy sondes. Maar hoe absurd is ʼn 500 jaar tronkstraf en hoe groter die klug dat hy net effektief 13 jaar sal uitdien. Hy het verskeie MTN torings in die Kaap geteiken en toerusting gesteel. So goed, laat hy sit. Maar wees nou eerlik, het jy al ooit gehoor van ʼn 500 jaar tronkstraf vir iemand wat een van ons boere vermoor het, of iemand verkrag het? Is dit net ek, of wonder jy ook hoekom so erge straf vir diefstal maar vir moord en verkragting word daar ander pad gekyk? Ek lees van ʼn magistraat in Natal wat ʼn verkragter van ʼn 6-jarige dogtertjie slegs ʼn opgeskorte vonnis gegee het. Het misdaad teen korporatiewe instansies dalk belangriker geword vir die howe as misdaad teen die gewone burgers van die land?
3. SARS konfiskeer R77miljoen se onwettige sigarette gedurende die grendeltydperk.
Ja jy lees reg. Hoe absurd van die regering om die polisie en weermag te gebruik om onwettige sigarette te soek terwyl mense vermoor word in hierdie land. Die regering verloor letterlik biljoene met sigaretverkope wat ʼn kriminele aksie geword het. Hoeveel meer logies sou dit gewees het om die verbod op sigarette lankal op te gehef het en (a) geld uit die verkope te kry om hulle landsburgers te help en (b) die mannekrag van die polisie en weermag te gebruik om ons boere op te pas.
4. Mark Fish word as rassis uitgejou omdat hy sê ALLE LEWENS MAAK SAAK.
Ek was nog nooit ʼn Mark Fish aanhanger of ʼn sokker kyker nie. Maar hierdie storie het my weereens laat besef hoe totaal skeefgetrek die hele BLM saak is. Hier is ʼn man wat sê ALLE lewens maak saak, iets wat ek dink enige rasionele mens mee sal saamstem. Maar onmiddellik word hy uit alle oorde uitgekruit as ʼn aardsrassis. Hoe durf hy sê enige ander lewens maak saak, behalwe swart lewens.
Het haat en rassisme so erg geword dat NIEMAND kan erken dat ALLE lewens belangrik is nie? Hoe absurd het die wêreld geraak om ʼn man wat reguit sê hy buig net sy knie voor sy God, te dreig met die dood.
5. Ramaphosa sluit skole maar laat Taxi’s toe om op 100% kapasiteit besigheid te doen.
Hier raak dinge vir my verby absurd en neuk oor na stomgeslaan. Kyk, ek verstaan daar is baie opinies oor die skole wat moet oop of toe, en ek gaan nie nou daarop ingaan nie. Ek wil eerder praat oor die strydige reëls wat die regering op ons afdwing.
Die skole moet toe, want die virus bedreig die lewens van kinders en onderwysers, maar die taxi’s mag op 100% (wat ons almal weet 150% beteken) besigheid doen, solank die vensters 5 cm oop is. Nou logika skryf voor dat 20 kinders in ʼn groot klas met ventilasie veiliger is as 20 mense ingeprop in ʼn taxi met dalk een venster op 5cm oop. Of is dit net ek? Dis mos absurd! Dan word daar trots deur die regering gesê die skoolvoedingskema sal aangaan. Goed, dis wonderlik die kinders kan nog kos kry, maar baie van hierdie kinders moet in ʼn stampvol taxi ry om kos by die skool te gaan haal. En absurd genoeg, is dit veilig, solank hulle net nie by die skool bly vir die res van die dag nie!
My laaste opmerkings oor hierdie satire waarin ons onsself tans beleef is dat ons casino’s toe mag gaan, ons mag selfs gaan uiteet, maar ons mag ONDER GEEN OMSTANDIGE by familie en vriende kuier nie. En Mr Ramaphosa, my laaste vraag aan jou.... waar is die polisie en weermag as gewentelose aanvallers ons boere na 9 in die aande martel en vermoor? Die waarheid, hoe absurd ookal is tien teen een dat hulle onwettige drank- en sigaretsmouse arristeer terwyl ons boere lê en doodbloei.
!