Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

PERSVERKLARINGS

ToekomsVonk Persverklarings


Back to overview

06/09/2020

ToekomsVonk staan die ondersoek teen, voorgestel deur die minister van kuns, kultuur en sport, Nathi Mthethwa, vir die verwydering en verskuiwing na sogenaamde temaparke van enige en alle standbeelde uit die apartheids- en koloniale era.

Aandag: Alle Media
Datum: 5 September 2020
Kontak: Englie Botha englie@toekomsvonk.co.za

Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur beskryf hulself as die toesighouer van die Uitkoms 14, Sosiale Samehorigheid en Nasiebou en dat dit hul verantwoordelikheid is om 'n sosiaal samehorige nasie te verseker wat nie onder volkseie ras-, geloofs- en stam oortuiging leef nie en ook nie seksisties is nie. Die Departement voer ondermeer aan dat hulle die siening onderskryf wat daarop dui dat standbeelde, monumente, simbole en name wat nie met hierdie waardes ooreenstem nie, nie openbare ruimtes moet beset nie.
Daar word genoem dat sulke veranderinge egter gedoen moet word deur raadpleging soos voorgeskryf deur die wetgewing. Dit is in kort opgesom, net ‘n formaliteit van skriftelike aansoek indien, wat deur prosesse geneem word en die aansoeker eindelaas tog sy sin sal kry, omrede getuienis ingedien is dat die betrokke standbeeld, straatnaam en andere, wel die aansoeker aanstoot gee.
ToekomsVonk se siening is dat daar meer afstootlike onderwerpe is wat dringende aandag moet geniet, as ‘n standbeeld uit die verlede. Die standbeelde en monumente verteenwoordig en simboliseer groei en vooruitgang van Suid-Afrika oor die jare heen. Sonder hierdie persone, insidente en gebeurtenisse wat in ‘n standbeeld, monument of gedenkplaat verewig is, sou Suid-Afrika nie die status bereik het as ‘n onafhanklike en progressiewe land nie.
ToekomsVonk staan die verwydering en verskuiwing van enige erfenisbakens teen, uit hoofde van:
• Dat dit ‘n groot gemeenskap van Suid-Afrika se deelname aan die opbou en groei van die land, hulle geskiedenis en bestaansreg, misken.
• Dat dit deel uitmaak van volksmoord, dit definieer en bekragtig.
• Dat ‘n sentrale punt waar die standbeelde gehuisves sal word, eensydigheid en partydigheid sal uitbeeld en strydig sal wees met die Departement se eis tot samehorigheid.
• Dat die sentralisering wat beplan word, ‘n doeltreffende en gemaklike roete skep vir vandaliste om alle standbeelde in ‘n oogwenk af te breek en te beskadig.
EINDE



Back to overview