Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

PERSVERKLARINGS

ToekomsVonk Persverklarings


Back to overview

18/09/2020

ToekomsVonk: “Innige meegevoel met ons boere se families. In gees saam met ons mense by die opgradering van die Witkruis Monument”

Aandag: Alle Media
Datum: 18 September 2020
Kontak: Englie Botha englie@toekomsvonk.co.za

Die ongelooflike aanslag op ons boere, ons mense, het oor die afgelope jare ‘n enorme verdeeltheid in hierdie land tot gevolg, veel groter as wat in die vorige bedeling ooit kon voorkom. Die aksies wat beduidend volksmoord as einddoel uitbeeld, dui allermins op ‘n sogenaamde demokratiese land. Beloftes gemaak deur die Nasionale Party se leiers van destyds, is gebreek en ons kan sien dat dit valse ideologieë is, wat geskep is, om ons mense om die bos te lei. Die “Ja” is triomfantlik gemerk, ‘n merk wat die einde van ‘n volk se veiligheid en vrede aangekondig het en ‘n tydperk ingelei het van anargie en die totale regsverkragting van minderheidsgroepe.

Ons mense staan vandag weer simbolies by hul geliefdes se grafte; hulle staan by ‘n wit kruis, wat die boodskap dra van die afgruwelikste dade teenoor ons mense gepleeg. Diegene wat hierdie aanvalle net as gewone misdaad afmaak en aanvoer dat dit a.g.v werkloosheid en honger is, moet besef dat hierdie gruweldade: moord, aanranding, verkragting, aanranding van die vrou, terwyl sy verkrag word, verkragting waar haar gesin moet toekyk, die brand met strykysters, die herhaaldelike toedien van steekwonde en..., geensins onder enige omstandighede kan afgemaak word as gewone misdaad, aan die hand van onverskillige afgewaterde verskonings, nie.

In gees staan ons langs ons mense die 18de en 19de September by die Witkruis Monument met bitterlike rou in ons harte oor ons vermoorde volksgenote en uiterse meegevoel en medelye met elkeen wat by ‘n wit kruis moet staan. Al het een van ons dalk nog nie ‘n persoonlike familielid op hierdie manier verloor nie, raak dit elkeen van ons, voel ons saam met ons mense die pyn en hartseer.

Rus in Vrede geliefde Boere, in ons harte sal jul voortleef. Solank daar nog suurstof in ons longe is, sal ons aanhou om ons mense te help... Ons volk sal weer opstaan en uitstyg.

EINDE



Back to overview