Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

PERSVERKLARINGS

ToekomsVonk Persverklarings


Back to overview

06/10/2020

ToekomsVonk Statistieke: Plaasaanvalle en Plaasmoorde: September 2020

Aandag: Alle media
Datum: 6 Oktober 2020
Kontak: chantall@toekomsvonk.co.za

Plaasaanvalle en Plaasmoorde: September 2020

ToekomsVonk hou vanaf 2017 noukeuring rekord van aanvalle en moorde op plase. Aan die einde van September 2020 lyk die statistieke soos volg:

In September 2020 was daar 336 plaasaanvalle en is 5 boere vermoor. Die oudste slagoffer van ‘n plaasaanval sover in 2020, was 92 en die jongste was 1 jaar oud.

Gedurende hierdie maand het die meeste aanvalle op ‘n Saterdag plaasgevind. Verder dui die statistieke die meeste aanvalle (18) tussen 24:00 en 06:00 in die oggend, gevolg deur tussen 18:00 tot 24:00 (15 aanvalle).

In totaal is daar reeds 49 boere in 2020 vermoor. In totaal was daar reeds 332 plaasaanvalle in 2020. In dieselfde tyd gedurende 2017 was daar 291, in 2018 was daar 347 en in 2019 was daar 359 aanvalle.

Dit is duidelik dat plaasaanvalle nie deur individue uitgevoer word nie, maar deur bendes. In September was die gemiddelde hoeveelheid aanvallers 4.


Die gemiddelde ouderdom van slagoffers hierdie maand van plaasaanvalle- en moorde is 58 jaar.



Vir meer inligting kontak:

Amor Gerber
Direkteur: VonkVeiligheid
E-pos : amor@toekomsvonk.co.za



Back to overview