Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

PERSVERKLARINGS

ToekomsVonk Persverklarings


Back to overview

08/01/2021

Plaasaanvalle en Plaasmoorde: Desember 2020

ToekomsVonk Persverklaring

Aandag: Alle media
Datum: 08 Januarie 2021
Kontak: rachel@toekomsvonk.co.za


Plaasaanvalle en Plaasmoorde: Desember 2020

ToekomsVonk hou vanaf 2017 noukeuring rekord van aanvalle en moorde op plase. Aan die einde van Desember 2020 lyk die statistieke soos volg:

In Desember 2020 was daar 34 plaasaanvalle en 11 boere is vermoor. Die oudste slagoffer van ‘n plaasaanval gedurende 2020, was 92 en die jongste was 1 jaar oud.

Gedurende hierdie maand het die meeste aanvalle op ‘n Maandag plaasgevind. Verder dui die statistieke dat die meeste aanvalle (39%) tussen 18:00 tot 24:00 plaasgevind het.

In totaal vir 2020 is daar 77 boere vermoor en daar was 446 plaasaanvalle. Alhoewel daar ‘n geringe afname (3%) in die totale hoeveelheid plaasaanvalle tussen 2018 en 2020 was, het die aantal plaasmoorde met 20% toegeneem in dieselfde tydperk.

Dit is duidelik dat plaasaanvalle nie deur individue uitgevoer word nie, maar deur bendes. Die gemiddelde hoeveelheid aanvallers vir die jaar was 4 per aanval. Die meeste aanvallers wat by ‘n voorval betrokke was, is 20.

Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaasaanvalle en -moorde gedurende 2020, is 58 jaar.

Vir meer inligting, kontak:

Amor Gerber
Direkteur: VonkVeiligheid
E-pos : amor@toekomsvonk.co.za



Back to overview