Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

PERSVERKLARINGS

ToekomsVonk Persverklarings


Back to overview

19/02/2021

ToekomsVonk Persverklaring: Plaasaanvalle JAN 2021



Aandag: Alle media
Datum: 19 Februarie 2021
Kontak: rachel@toekomsvonk.co.za


Plaasaanvalle en Plaasmoorde: Januarie 2021

Vir Januarie 2021 lyk die statistieke soos volg:

In Januarie 2021 was daar 24 plaasaanvalle. Die oudste slagoffer van ‘n plaasaanval gedurende Januarie 2021, was 83 en die jongste was 3 jaar oud.

Gedurende hierdie maand het die meeste aanvalle op ‘n Sondag en Woensdag plaasgevind. Verder dui die statistieke dat die meeste aanvalle tussen 18:00 tot 24:00 plaasgevind het.

In dieselfde tyd gedurende 2017 was daar 24, in 2018 was daar 41, in 2019 was daar 36 en in 2020 was daar 19 plaasaanvalle.

Volgens die statistieke word daar aangedui dat die aanvalle nie alleen uitgevoer word nie, maar in groepe. Die gemiddelde hoeveelheid aanvallers vir die maand was 3 per aanval. Die meeste aanvallers wat by ‘n voorval betrokke was, is 6.

Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaasaanvalle en -moorde gedurende Januarie 2021, is 55 jaar.

Vir meer inligting, kontak:

Amor Gerber
Direkteur: VonkVeiligheid
E-pos : amor@toekomsvonk.co.za



Back to overview