Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 25 November 2020



PLAASMOORD: Man doodgeskiet, Mooiplaats

25 November 2020

Rachel Prinsloo

‘n Plaasmoord het Dinsdag in die Mooiplaats-omgewing, oos van Pretoria, plaasgevind.

‘n 61-Jarige man, Anton Kleyn en ‘n vriend, wat by hom op die kleinhoewe gaan kuier het, Aubrey du Plessis (45), is albei deur die venster van die huis raakgeskiet.

Gewapende mans het omstreeks 01:15 op die twee mans toegeslaan. Aubrey was op die bank in die sitkamer, toe hy deur die venster in sy lies raakgeskiet is. Hy het vir Kleyn, wat in die slaapkamer was, geskree om weg te kruip, maar hy het uit die kamer gekom en is, ook deur die venster, in sy bors raakgeskiet.

Met die polisie se aankoms is Kleyn en du Plessis in Kleyn se huis op die hoewe aangetref. Kleyn is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Du Plessis is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Die aanvallers het ‘n ou telivisiestel, ‘n DVD-speler en albei die slagoffers se fone gesteel voordat hulle gevlug het.

Niemand is tot dusver in verband met die voorval gearresteer nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord.



Gesin aangehou met vuurwapen tydens huisbraak, Queensburgh

25 November 2020

Rachel Prinsloo

‘n Gesin van vier is Dinsdagaand aangehou met ‘n vuurwapen en beroof by hulle huis in Queensburgh.

Daar is beweer dat vier gewapende mans, met maskers en handskoene, die hek by die gesin se huis van die spoor afgehaal het. Hulle het daarna toegang tot die huis gekry by die kombuisdeur wat oop was.

Die gesin is aangehou met ‘n vuurwapen, terwyl die ander rowers die huis geplunder het. Die rowers het in ‘n Wit Volkswagen Polo, sonder nommerplate, met vier skootrekenaars, juwele en die slagoffers se karsleutels gevlug.

Niemand is tydens die voorval beseer nie, maar het berading vir trauma ontvang.

Die polisie is besig om die saak te ondersoek.





                                      


NUUSBROKKIES

Feed

25/11/2020, 12:20 PM

Gesin aangehou met vuurwapen tydens huisbraak, Queensburgh

25 November 2020 Rachel Prinsloo ‘n Gesin van vier is Dinsdagaand aangehou met ‘n vuurwapen en beroof by hulle huis in Queensburgh. Daar is beweer dat vier gewapende mans, met maskers en handskoene, die hek...   More


25/11/2020, 12:20 PM

Man gearresteer na hy op sy vrou en seun skiet

25 November 2020 Rachel Prinsloo ‘n Man is Dinsdag in Bonteheuwel, Kaapstad, gearresteer nadat hy sy vrou en seun beseer het tydens ‘n woordewisseling, wat tussen die gesinslede uitgebreek het. Lede van die...   More


25/11/2020, 12:19 PM

Opvolg: Onderwyseres veilig terug by die huis

25 November 2020 Chantall Jv Rensburg ‘n 55-jarige onderwyseres van Hoërskool Ben Vorster wat as vermis aangemeld is, is veilig. Charmaine van Staden is die skoolhoof, Jan van Staden, se vrou. Sy is na...   More


25/11/2020, 12:19 PM

Liggaam sonder kop in dam gevind, Vrystaat

25 November 2020 Rachel Prinsloo ‘n Man se liggaam is Maandagmiddag in die Rietfonteindam in die Vrystaat gevind sonder sy kop. ‘n Lid van die gemeenskap het Maandag omstreeks 14:00 die liggaam in die dam...   More


25/11/2020, 12:18 PM

Onderwyseres word vermis

25 November 2020 Chantall Jv Rensburg ‘n 55-jarige onderwyseres van Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen word vermis. Charmaine van Staden is die skoolhoof, Jan van Staden, se vrou. Sy is na bewering Saterdag ...   More


Older >>






00084452