Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 24 Julie 2021


COVID-19 getalle vir 24 Julie

24 Julie 2021

Amor Gerber

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 153 778.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 13 719 met 52 474 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 26.1 %. Totale getalle tot op hede is 2 356 049.

Daar is ook 450 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 836 942.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 69 075.

2 133 196 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 14 477 689 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 6 308 201.


PLAASAANVAL: Daniëlskuil

24 Julie 2021

Rachel Prinsloo

‘n Plaasaanval het op 23 Julie in die Daniëlskuil-omgewing, Noord-Kaap, plaasgevind.

‘n Onbekende aantal aanvallers het toegang tot ‘n bejaarde paartjie se huis gekry deur om die diefwering oop te breek. Die bejaarde man, wat hartprobleme het, is met ‘n gholfstok aangerand. Die aanvallers het daarna op die bejaarde vrou gespring, wat veroorsaak dat beide haar bene gebreek het en sy het verskeie rugbeserings opgedoen.

Die bejaarde man het ongelukkig na die aanval gesterf weens ‘n hartaanval. Alle rolspelers is na die toneel onbied, maar daar is tot op hede geen arrestasies gemaak nie. Die polisieondersoek duur voort.

.




NUUSBROKKIES

Feed

24/07/2021, 11:09 AM

Rowers is PTA-Oos vasgetrek na rooftog

24 Julie 2021 Rachel Prinsloo ‘n Groep rowers is Donderdag deur ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy, kort na die rowers ‘n winkel in die Woodlands-winkelsentrum, Oos van Pretoria, beroof het, vasgetrek....   More


24/07/2021, 10:10 AM

COVID-19 getalle vir 24 Julie 2021

24 Julie 2021 Amor Gerber Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 153 778. Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 13 719 met 52 474 toetse wat in hierdie...   More


23/07/2021, 03:21 PM

Boete of tronkstraf vir voormalige hoof na put-toilet insident

23 Julie 2021 Rachel Prinsloo Die voormalige skoolhoof van ‘n laerskool in die Oos-Kaap het Woensdag in die Tsolo-landdroshof verskyn op aanklag van kindermishandeling. Hy het skuldig gepleit aan...   More


23/07/2021, 03:07 PM

Polisiebeampte en 2 verdagtes sterf na skietvoorval

23 Julie 2021 Rachel Prinsloo ‘n Polisiebeampte en twee verdagtes is dood na ‘n skietgeveg Vrydagoggend digby Carnival City in Brakpan uitgebreek het. Die owerhede het vroeg Vrydagoggend inligting ontvang...   More


23/07/2021, 02:18 PM

Groblersdal-moordsaak weer uitgestel

23 Julie 2021 Rachel Prinsloo Die saak in verband met die moord op die 28-jarige, Raymond Gregory Papapavlou, wat gedurende Oktober 2020 in sy huis op ‘n plaas tussen Stofberg en Groblersdal doodgeskiet is,...   More


23/07/2021, 01:27 PM

Sterftes klim steeds na onluste

23 Julie 2021 Rachel Prinsloo Weens die onluste in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng verlede week, het dit die lewens van 337 mense geëis, maar daar is Donderdag bevestig dat die aantal nou op 355 sterftes...   More


23/07/2021, 12:41 PM

Duisende COVID-19 entstowwe gesteel tydens onluste

23 Julie 2021 Rachel Prinsloo Ongeveer 47 500 COVID-19 entstowwe is na die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng verlore. Tydens ‘n digitale inligtingsessie het die Minister van Gesondheid Vrydag aangedui dat...   More


23/07/2021, 12:23 PM

Skenkings en verspreiding van formulemelk tans onwettig

23 Julie 2021 Rachel Prinsloo Weens die onluste wat verlede week in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het, was daar groot kommer oor baba formulemelk, asook ander voedsel produkte. Die departement van...   More


23/07/2021, 11:02 AM

Prokureur vas na hy by talle steel

23 Julie 2021 Rachel Prinsloo ‘n Prokureur van Burgersfort is vas nadat hy glo van talle voornemende huiskopers in Pretoria-Noord gesteel het. Hy het glo na bewering vanaf 2019 ongeveer R2 miljoen van...   More


23/07/2021, 11:02 AM

COVID-19 getalle vir 23 Julie 2021

23 Julie 2021 Rachel Prinsloo Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 163 885. Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 14 858 met 59 981 toetse wat in...   More


Older >>