Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 25 November 2020



PLAASMOORD: Man doodgeskiet, Mooiplaats

25 November 2020

Rachel Prinsloo

‘n Plaasmoord het Dinsdag in die Mooiplaats-omgewing, oos van Pretoria, plaasgevind.

‘n 61-Jarige man, Anton Kleyn en ‘n vriend, wat by hom op die kleinhoewe gaan kuier het, Aubrey du Plessis (45), is albei deur die venster van die huis raakgeskiet.

Gewapende mans het omstreeks 01:15 op die twee mans toegeslaan. Aubrey was op die bank in die sitkamer, toe hy deur die venster in sy lies raakgeskiet is. Hy het vir Kleyn, wat in die slaapkamer was, geskree om weg te kruip, maar hy het uit die kamer gekom en is, ook deur die venster, in sy bors raakgeskiet.

Met die polisie se aankoms is Kleyn en du Plessis in Kleyn se huis op die hoewe aangetref. Kleyn is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Du Plessis is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Die aanvallers het ‘n ou telivisiestel, ‘n DVD-speler en albei die slagoffers se fone gesteel voordat hulle gevlug het.

Niemand is tot dusver in verband met die voorval gearresteer nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord.



Gesin aangehou met vuurwapen tydens huisbraak, Queensburgh

25 November 2020

Rachel Prinsloo

‘n Gesin van vier is Dinsdagaand aangehou met ‘n vuurwapen en beroof by hulle huis in Queensburgh.

Daar is beweer dat vier gewapende mans, met maskers en handskoene, die hek by die gesin se huis van die spoor afgehaal het. Hulle het daarna toegang tot die huis gekry by die kombuisdeur wat oop was.

Die gesin is aangehou met ‘n vuurwapen, terwyl die ander rowers die huis geplunder het. Die rowers het in ‘n Wit Volkswagen Polo, sonder nommerplate, met vier skootrekenaars, juwele en die slagoffers se karsleutels gevlug.

Niemand is tydens die voorval beseer nie, maar het berading vir trauma ontvang.

Die polisie is besig om die saak te ondersoek.





                                      


NUUSBROKKIES


Back to overview

21/11/2020

Suid-Afrika verder afgegradeer deur beide Moody's & Fitch

21 November 2020
Amor Gerber

Moody’s het Suid-Afrika se kredietgradering nog ʼn gradering af gegradeer na BA2 en Fitch het Suid-Afrika afgegradeer na BB- status.

Beide agentskappe het gesê Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsig is nog steeds negatief en daar word verwag dat Suid-Afrika se fiskale posisie verder sal verswak.

Die agentskappe is veral bekommerd oor die regering se hoë en stygende skuld en die ekonomie wat nie groei nie. Alhoewel die regering ʼn strategie voorgelê het vir groei, is die agentskappe bekommerd dat die regering dit nie sal kan implementeer nie.



Back to overview






00084439