Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 25 November 2020



PLAASMOORD: Man doodgeskiet, Mooiplaats

25 November 2020

Rachel Prinsloo

‘n Plaasmoord het Dinsdag in die Mooiplaats-omgewing, oos van Pretoria, plaasgevind.

‘n 61-Jarige man, Anton Kleyn en ‘n vriend, wat by hom op die kleinhoewe gaan kuier het, Aubrey du Plessis (45), is albei deur die venster van die huis raakgeskiet.

Gewapende mans het omstreeks 01:15 op die twee mans toegeslaan. Aubrey was op die bank in die sitkamer, toe hy deur die venster in sy lies raakgeskiet is. Hy het vir Kleyn, wat in die slaapkamer was, geskree om weg te kruip, maar hy het uit die kamer gekom en is, ook deur die venster, in sy bors raakgeskiet.

Met die polisie se aankoms is Kleyn en du Plessis in Kleyn se huis op die hoewe aangetref. Kleyn is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Du Plessis is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Die aanvallers het ‘n ou telivisiestel, ‘n DVD-speler en albei die slagoffers se fone gesteel voordat hulle gevlug het.

Niemand is tot dusver in verband met die voorval gearresteer nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord.



Gesin aangehou met vuurwapen tydens huisbraak, Queensburgh

25 November 2020

Rachel Prinsloo

‘n Gesin van vier is Dinsdagaand aangehou met ‘n vuurwapen en beroof by hulle huis in Queensburgh.

Daar is beweer dat vier gewapende mans, met maskers en handskoene, die hek by die gesin se huis van die spoor afgehaal het. Hulle het daarna toegang tot die huis gekry by die kombuisdeur wat oop was.

Die gesin is aangehou met ‘n vuurwapen, terwyl die ander rowers die huis geplunder het. Die rowers het in ‘n Wit Volkswagen Polo, sonder nommerplate, met vier skootrekenaars, juwele en die slagoffers se karsleutels gevlug.

Niemand is tydens die voorval beseer nie, maar het berading vir trauma ontvang.

Die polisie is besig om die saak te ondersoek.





                                      


NUUSBROKKIES

Feed

25/11/2020, 12:18 PM

COVID-19 getalle vir 25 November

25 November 2020 Chantall Jv Rensburg Die aantal positiewe COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 772 252. Die aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 21 083. 716 444 Mense het herstel van die...   More


25/11/2020, 12:18 PM

Kleinseun vermoor sy ouma

25 November 2020 Chantall Jv Rensburg ‘n 48-jarige man het sy bejaarde ma dood in haar huis gevind. Die 75-jarige vrou is deur haar 15-jarige kleinseun vermoor. Die bejaarde vrou is met ‘n mes gesteek wat...   More


24/11/2020, 03:36 PM

Drie kinders brand dood

24 November 2020 Rachel Prinsloo Drie kinders, tussen vyf maande en twee jaar oud, is dood nadat hulle in hulle huis in Polokwane doodgebrand het. Die ma van die kinders het glo die kinders alleen tuis gelos...   More


24/11/2020, 03:36 PM

Polisie lê beslag op ongeveer R1,1 miljoen se dwelms

24 November 2020 Rachel Prinsloo Die polisie het vroeg Maandagoggend dwelms, ter waarde van ongeveer R1,1 miljoen, in ‘n voertuig in Laingsburg, Wes-Kaap, gevind. Polisiebeamptes van Laingsburg en...   More


24/11/2020, 12:50 PM

Oorstromings en Donderstroms in dele van Gauteng

24 November 2020 Chantall Jv Rensburg Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die inwoners van Gauteng gewaarsku teen oorstromings en donderstorms. Lehlohonolo Thobela, weervoorspeller, het gesê dat die reën die...   More


<< NewerOlder >>






00084444