Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 19 Januarie 2021


Eskom sê beurtkrag voorlopig opgehef

 

19 Januarie 2021

Mikayla Bosch

 

Eskom het verlede week weer beurtkrag begin toepas.

Gedurende die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede herstel, nog twee sal na verwagting ook herstel word.

 

Daar was aangekondig dat daar vanaf Maandag 23:00 uur nie meer beurtkrag sal wees nie.

 

Eskom sê nadat die opwekkingseenhede herstel is, is daar genoeg opwekkingskapasiteit om beurtkrag vir eers te staak.

 

Die kragvoorsiener sê indien beurtkrag weer toegepas moet word, sal dele van Gauteng en Noordwes slegs twee ure beurtkrag kry eerder as vier ure.

 

Die publiek word steeds versoek om krag spaarsamig te gebruik aangesien die opwekkingseenhede onvoorspelbaar is.


COVID-19 getalle vir 19 Januarie

19 Januarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 192 035.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 9 010 met 39 901 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 22.5%. Totale getalle tot op hede is 1 346 936.

Daar is ook 344 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 364 269.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 37 449.

1 117 452 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 7 653 371 toetse gedoen in SA.

.


 

 



NUUSBROKKIES


Back to overview

13/01/2021

Waarskuwing oor misdaadrekords

13 Januarie 2021
Mikayla Bosch

Bheki Cele, minister van polisie, het aangekondig dat Suid-Afrikaners inperkingsregulasies moet gehoorsaam. Oortredings van die inperkingsregulasies kan lei tot ses maande tronkstraf of streng boetes.

Meer as 7 000 het nagelaat om hulle maskers te dra en is dus in hegtenis geneem. Vanaf die herinstelling van vlak drie is reeds 20 116 Suid-Afrikaners in hegtenis geneem vir die oortredings van inperkingsregulasies.

Meer as 342 000 Suid-Afrikaners het reeds ‘n misdaadrekord sedert Maart 2020. Cele waarsku veral teen die inperkingsregulasies wat oortree word soos die aandklokreël en fopnuus wat nie ligtelik opgeneem gaan word nie.

Cele sê die polisie hoef nie so streng te reageer nie, maar tans is dit die beste manier om almal te kry om die regulasies te gehoorsaam. “Nou dra mense hulle gesigmaskers,” het Cele bygevoeg.



Back to overview