Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 19 Januarie 2021


Eskom sê beurtkrag voorlopig opgehef

 

19 Januarie 2021

Mikayla Bosch

 

Eskom het verlede week weer beurtkrag begin toepas.

Gedurende die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede herstel, nog twee sal na verwagting ook herstel word.

 

Daar was aangekondig dat daar vanaf Maandag 23:00 uur nie meer beurtkrag sal wees nie.

 

Eskom sê nadat die opwekkingseenhede herstel is, is daar genoeg opwekkingskapasiteit om beurtkrag vir eers te staak.

 

Die kragvoorsiener sê indien beurtkrag weer toegepas moet word, sal dele van Gauteng en Noordwes slegs twee ure beurtkrag kry eerder as vier ure.

 

Die publiek word steeds versoek om krag spaarsamig te gebruik aangesien die opwekkingseenhede onvoorspelbaar is.


COVID-19 getalle vir 19 Januarie

19 Januarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 192 035.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 9 010 met 39 901 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 22.5%. Totale getalle tot op hede is 1 346 936.

Daar is ook 344 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 364 269.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 37 449.

1 117 452 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 7 653 371 toetse gedoen in SA.

.


 

 



NUUSBROKKIES


Back to overview

13/01/2021

Man wat in hof moes verskyn probeer by hof steel

13 Januarie 2021
Rachel Prinsloo

‘n Hofamptenaar by die Durban-landdroshof, het op 11 Januarie ‘n onbekende man in die hofgebou opgemerk wat ‘n rekenaar uit een van die kantore gevat het.

Die amptenaar het die man genader en begin ondervra, waarna die onbekende man homself as ‘n tegnikus voorgestel en gesê het dat hy nuut aangestel is om die hof se rekenaar in stand te hou.

‘n Personeellid het agterdogtig geraak en die polisie ontbied. Die polisie het op die voorval gereageer en met verdere ondervraging het die polisie agtergekom dat die man ‘n bedrieër is wat by regeringskantore steel en homself voorgee as ‘n tegnikus.

Met verdere ondersoek deur die polisie is daar vasgestel dat die 48-jarige man op daardie dag in die hof moes verskyn het op aanklag van huisbraak. Die polisie is ook besig met verdere onderoek om te bepaal of hy met ander misdade in die omgewing gekoppel kan word.

Hy sal na verwagting binnekort in die Durban-landdroshof verskyn.



Back to overview