Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 19 Januarie 2021


Eskom sê beurtkrag voorlopig opgehef

 

19 Januarie 2021

Mikayla Bosch

 

Eskom het verlede week weer beurtkrag begin toepas.

Gedurende die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede herstel, nog twee sal na verwagting ook herstel word.

 

Daar was aangekondig dat daar vanaf Maandag 23:00 uur nie meer beurtkrag sal wees nie.

 

Eskom sê nadat die opwekkingseenhede herstel is, is daar genoeg opwekkingskapasiteit om beurtkrag vir eers te staak.

 

Die kragvoorsiener sê indien beurtkrag weer toegepas moet word, sal dele van Gauteng en Noordwes slegs twee ure beurtkrag kry eerder as vier ure.

 

Die publiek word steeds versoek om krag spaarsamig te gebruik aangesien die opwekkingseenhede onvoorspelbaar is.


COVID-19 getalle vir 19 Januarie

19 Januarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 192 035.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 9 010 met 39 901 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 22.5%. Totale getalle tot op hede is 1 346 936.

Daar is ook 344 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 364 269.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 37 449.

1 117 452 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 7 653 371 toetse gedoen in SA.

.


 

 



NUUSBROKKIES


Back to overview

13/01/2021

Vrou wat vir hulp skree in Durban hospitaal oorlede

13 Januarie 2021
Rachel Prinsloo

Rowena Hawkey, die 69-jarige vrou wat op ‘n video opname in ‘n hospitaal in Durban gekree het vir hulp is na die voorval oorlede.

Hawkey is verlede week in die Wentworth hospitaal opgeneem, nadat sy asemhalingsprobleme ondergaan het en haar asmapompie nie gewerk het nie.

Haar dogter het haar na die hospitaal geneem en huis toe gegaan, nadat haar ma opgeneem is, maar sy het vandat sy opgeneem is nie weer van die hospitaal gehoor nie.

Hawkey is op 6 Januarie, kort na die video-opname oorlede. Haar dogter het Vrydag gaan kuier waar sy toe eers in kennis gestel is dat haar ma oorlede is.

In die video-opname kon mens hoor hoe sy aanhoudend geskree het vir hulp om haar asmapompie aan te gee, omrede sy nie by dit kon uitkom nie. Verder is daar ook op die beeldmateriaal gesien hoe ander pasiënte op die vloer lê en slaap en ook op stoele slaap.

Die polisie is besig om ondersoek in te stel nadat die video-opname onder hulle aandag gebring is. Hawkey se gesin is tans opsoek na regsadvies om die saak verder te vat.



Back to overview