Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 19 Januarie 2021


Eskom sê beurtkrag voorlopig opgehef

 

19 Januarie 2021

Mikayla Bosch

 

Eskom het verlede week weer beurtkrag begin toepas.

Gedurende die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede herstel, nog twee sal na verwagting ook herstel word.

 

Daar was aangekondig dat daar vanaf Maandag 23:00 uur nie meer beurtkrag sal wees nie.

 

Eskom sê nadat die opwekkingseenhede herstel is, is daar genoeg opwekkingskapasiteit om beurtkrag vir eers te staak.

 

Die kragvoorsiener sê indien beurtkrag weer toegepas moet word, sal dele van Gauteng en Noordwes slegs twee ure beurtkrag kry eerder as vier ure.

 

Die publiek word steeds versoek om krag spaarsamig te gebruik aangesien die opwekkingseenhede onvoorspelbaar is.


COVID-19 getalle vir 19 Januarie

19 Januarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 192 035.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 9 010 met 39 901 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 22.5%. Totale getalle tot op hede is 1 346 936.

Daar is ook 344 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 364 269.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 37 449.

1 117 452 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 7 653 371 toetse gedoen in SA.

.


 

 



NUUSBROKKIES


Back to overview

14/01/2021

Vrou in Kanada kry boete na sy met man aan leiband stap

14 Januarie 2021
Rachel Prinsloo

‘n Vrou in Sherbrooke, Kanada, het Saterdag ‘n boete ontvang, nadat sy met ‘n man aan ‘n leiband gestap het.

In Quebec is daar ‘n aandklokreël tot 8 uur in die aand vir 4 weke ingestel, maar die mense mag steeds met hul honde gaan stap.

Die polisie het die vrou genader, waarna sy vir hulle gesê het dat sy met haar hond stap.

Die polisie het die vrou ‘n boete van $1 500, wat ongeveer R18 000 uitwerk, opgelê, maar die vrou het geweier om te aanvaar dat daar ‘n aandklokreël is.

Sy het aan die polisie gesê dat sy elke aand in die strate gesien sal word tydens die aanklokreël.



Back to overview