Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 19 Januarie 2021


Eskom sê beurtkrag voorlopig opgehef

 

19 Januarie 2021

Mikayla Bosch

 

Eskom het verlede week weer beurtkrag begin toepas.

Gedurende die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede herstel, nog twee sal na verwagting ook herstel word.

 

Daar was aangekondig dat daar vanaf Maandag 23:00 uur nie meer beurtkrag sal wees nie.

 

Eskom sê nadat die opwekkingseenhede herstel is, is daar genoeg opwekkingskapasiteit om beurtkrag vir eers te staak.

 

Die kragvoorsiener sê indien beurtkrag weer toegepas moet word, sal dele van Gauteng en Noordwes slegs twee ure beurtkrag kry eerder as vier ure.

 

Die publiek word steeds versoek om krag spaarsamig te gebruik aangesien die opwekkingseenhede onvoorspelbaar is.


COVID-19 getalle vir 19 Januarie

19 Januarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 192 035.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 9 010 met 39 901 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 22.5%. Totale getalle tot op hede is 1 346 936.

Daar is ook 344 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 364 269.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 37 449.

1 117 452 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 7 653 371 toetse gedoen in SA.

.


 

 



NUUSBROKKIES


Back to overview

14/01/2021

Veediewe gearresteer in Pietermaritzburg

14 Januarie 2020
Rachel Prinsloo

Twee mans is Dinsdagoggend in Pietermaritzburg gearresteer vir veediefstal.

Die veediefstal-eenheid het vroeg die oggend informasie ontvang van ‘n bakkie op die Ashburton pad met moontlike gesteelde vee.

Die polisie het ondersoek gaan instel en die bakkie raakgesien met vier insittendes. Die gesteelde vee was onder ‘n seil versteek.

Twee van die insittendes het die polisie raakgesien en te voet gevlug. Die polisie het die ander twee insittendes uitgevra oor die vee, maar hulle kon die polisie nie met duidelikheid antwoord daaroor nie. Albei is dadelik gearresteer.

Die twee mans sal na verwagting binnekort in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn op aanklag van veediefstal.



Back to overview