Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 19 Januarie 2021


Eskom sê beurtkrag voorlopig opgehef

 

19 Januarie 2021

Mikayla Bosch

 

Eskom het verlede week weer beurtkrag begin toepas.

Gedurende die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede herstel, nog twee sal na verwagting ook herstel word.

 

Daar was aangekondig dat daar vanaf Maandag 23:00 uur nie meer beurtkrag sal wees nie.

 

Eskom sê nadat die opwekkingseenhede herstel is, is daar genoeg opwekkingskapasiteit om beurtkrag vir eers te staak.

 

Die kragvoorsiener sê indien beurtkrag weer toegepas moet word, sal dele van Gauteng en Noordwes slegs twee ure beurtkrag kry eerder as vier ure.

 

Die publiek word steeds versoek om krag spaarsamig te gebruik aangesien die opwekkingseenhede onvoorspelbaar is.


COVID-19 getalle vir 19 Januarie

19 Januarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 192 035.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 9 010 met 39 901 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 22.5%. Totale getalle tot op hede is 1 346 936.

Daar is ook 344 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 364 269.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 37 449.

1 117 452 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 7 653 371 toetse gedoen in SA.

.


 

 



NUUSBROKKIES

Feed

16/01/2021, 10:55 AM

Duidelikheid oor kleuterskole

16 Januarie 2021 Mikayla Bosch Die minister van basiese onderwys het bevestig skole vir laerskole asook hoërskole eers 15 Februarie sal heropen. Daar is wel verwarring oor die heropening van kleuterskole,...   More


15/01/2021, 12:49 PM

21-Jarige in hospitaal na slang haar pik

15 Januarie 2021 Rachel Prinsloo ‘n 21-Jarige vrou, Elnè Erasmus, is tans in die Steve Biko-Akademiese Hospitaal, nadat sy Maandag deur ‘n Mosambiekse spoegkobra in haar huis op ‘n plaas in Thabazimbi,...   More


15/01/2021, 12:49 PM

Opvolg: Polisievoertuig vol alkohol gesien

15 Januarie 2021 Chantall Jv Rensburg Een polisiebeampte is in hegtenis geneem, nadat hy alkohol met ‘n gemerkte voertuig afgelewer het. Beeldmateriaal is vasgevang, terwyl hy die alkohol afgelewer het. Die...   More


15/01/2021, 11:51 AM

Ma en 2-jarige se liggame in lodge se kamer gevind

15 Januarie 2021 Rachel Prinsloo Die polisie het ‘n 72 uur aktiveringsplan van stapel gestuur om ‘n verdagte op te spoor, nadat ‘n ma en haar 2-jarige se liggame in ‘n kamer by ‘n lodge in Limpopo gevind is....   More


15/01/2021, 10:06 AM

Skole nog toe vir twee weke

15 Januarie 2021 Mikayla Bosch Minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het vergader met verskeie rolspelers in die onderwys. Dit volg na kommer oor onderwysers sowel as leerders se gesondheid. Die...   More


15/01/2021, 09:34 AM

Man geskiet toe hy ‘n voertuig probeer kaap

15 Januarie 2021 Chantall Jv Rensburg ‘n 30-jarige man het Donderdagaand gesterf, nadat hy betrokke was in ‘n skietvoorval. Die voorval het op die ou Johannesburg pad, naby die Voortrekkermonument...   More


15/01/2021, 09:33 AM

Emirates lugredery staak vlugte na SA

15 Januarie 2021 Mikayla Bosch Emirates lugrederye het aangekondig dat hulle vlugte van en na Suid-Afrika sal staak. Hierdie nuwe besluit sal vanaf Saterdag geldig wees tot 28 Januarie weens ongespesifiseerde...   More


15/01/2021, 09:14 AM

Pa in hof na hy verdwyn met tweeling

15 Januarie 2021 Rachel Prinsloo ‘n 37-Jarige man is Woensdag gearresteer, nadat hy met sy twee kinders verdwyn het. Die man en die kinders se ma het in afsonderlike plekke in Rustenburg gewoon. Daar was ‘n...   More


15/01/2021, 09:03 AM

Polisievoertuig vol alkohol gesien

15 Januarie 2021 Chantall Jv Rensburg Inwoners van Parktown is woedend, nadat ‘n polisievoertuig vol alkohol was. Beeldmateriaal is op sosiale media versprei, waar jy duidelik kan sien dis alkohol wat uit...   More


15/01/2021, 09:03 AM

COVID-19 getalle vir 15 Januarie

15 Januarie 2021 Chantall Jv Rensburg Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 211 214. Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 18 000 met 74 830 toetse wat...   More


<< NewerOlder >>