Nuushooftrekke: 25 Februarie 2021
COVID-19 getalle vir 25 Februarie
25 Februarie 2021
Chantall Jv Rensburg
Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 35 303.
Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 998 met 34 510 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 2,8 %. Totale getalle tot op hede is 1 507 448.
Daar is ook 110 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.
Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 403 074.
Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 49 523.
1 422 622 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 8 967 460 toetse gedoen in SA.
Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 41 809.
PLAASAANVAL: Man aangeval en beroof, Mpumalanga
25 Februarie 2021
Chantall Jv Rensburg
Daar was ‘n plaasaanval in Standerton, Mpumalanga, op 24 Februarie 2021. Die voorval het omstreek 20:16 plaasgevind.
Vernon Brandt is deur 5 onbekende aanvallers aangeval. Brandt is vasgevind, terwyl die aanvallers die huis geplunder het.
Die aanvallers het met die slagoffer se wit Toyota Hilux bakkie en vuurwapens gevlug.