Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 26 Februarie 2021


COVID-19 getalle vir 26 Februarie


26 Februarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 35 056.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 1 676 met 31 862 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 5,2 %. Totale getalle tot op hede is 1 509 124.

Daar is ook 144 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 403 528.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 49 667.

1 424 401 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 8 999 322 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 52 000.



PLAASAANVAL: Vrou aangerand en vasgebind, Boschkop

26 Februarie 2021

Rachel Prinsloo

‘n Plaasaanval het op 25 Februarie omstreeks 08:00 in die Boschkop-omgewing, op die Dorsfonteinpad, Pretoria, plaasgevind.

‘n Vrou is oorval deur ‘n onbekende aantal aanvallers. Sy is aangerand en vasgebind, waarna die aanvallers die huis geplunder het.

Die aanvallers het verskeie huishoudelike goedere op ‘n bakkie gelaai en gevlug.

Die vrou kon later daarin slaag om los te kom en hulp te ontbied. Alle rolspelers is na die toneel ontbied. Geen verdere inligting is op hierdie stadium bekend gemaak nie.

Die polisieondersoek duur voort, maar geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.



NUUSBROKKIES


Back to overview

22/02/2021

10 Voertuie in ongeluk betrokke in Pretoria

22 Februarie 2021
Mikayla Bosch

Woordvoerder van Netcare911, Shawn Herbst, het bevestig dat nooddienste omtreeks 20:45 Saterdagaand by ‘n ongelukstoneel naby die Lynwood-afrit aangekom het.

Dit wil voorkom dat die voertuig uitgeswaai het vir afsperrings in die pad wat vroeër daar geplaas is; dit het tot gevolg gehad dat ander vragmotors in die voertuie vasry het.

Meer as 10 voertuie is in die massiewe ongeluk betrokke en verskeie mense het matige tot ernstige beserings opgedoen.

Pasiënte is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.



Back to overview