Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 26 Februarie 2021


COVID-19 getalle vir 26 Februarie


26 Februarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 35 056.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 1 676 met 31 862 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 5,2 %. Totale getalle tot op hede is 1 509 124.

Daar is ook 144 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 403 528.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 49 667.

1 424 401 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 8 999 322 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 52 000.



PLAASAANVAL: Man aangeval en beroof, Mpumalanga

25 Februarie 2021

Chantall Jv Rensburg

 

Daar was ‘n plaasaanval in Standerton, Mpumalanga, op 24 Februarie 2021. Die voorval het omstreek 20:16 plaasgevind.

 

Vernon Brandt is deur 5 onbekende aanvallers aangeval. Brandt is vasgevind, terwyl die aanvallers die huis geplunder het.

 

Die aanvallers het met die slagoffer se wit Toyota Hilux bakkie en vuurwapens gevlug.



NUUSBROKKIES


Back to overview

23/02/2021

Twee veediewe vas vir gesteelde beeste, Delareyville

23 Februarie 2021
Rachel Prinsloo

‘n Boer en herder, 50 en 38 jaar oud, is Vrydag 19 Februarie gearresteer vir veediefstal nadat talle beeste en kalwers in hulle besit gevind is.

Volgens verslae het boere in die Delareyville omgewing met ‘n privaat helikopter na ‘n verlore stoetbul, ter waarde van ongeveer R120 000, gesoek. Tydens die soektog is die bul saam met ander beeste opgemerk.

Die boere het ‘n saak by die Delareyville en Sannieshof polisiestasie aangemeld. Die beeste is op die verdagtes se plaas net buite Delareyville in Barberspan gevind.

Ongeveer 11 beeste is positief geïdentifiseer deur hul eienaars. Die beeste is na Lichtenburg geneem vir verdere ondersoek, omrede daar met die beeste se brandmerke gepeuter is.

Die twee verdagtes het reeds Maandag in die Delareyville-landdroshof verskyn.



Back to overview