Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 25 Februarie 2021


COVID-19 getalle vir 25 Februarie


25 Februarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 35 303.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 998 met 34 510 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 2,8 %. Totale getalle tot op hede is 1 507 448.

Daar is ook 110 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 403 074.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 49 523.

1 422 622 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 8 967 460 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 41 809.



PLAASAANVAL: Man aangeval en beroof, Mpumalanga

25 Februarie 2021

Chantall Jv Rensburg

 

Daar was ‘n plaasaanval in Standerton, Mpumalanga, op 24 Februarie 2021. Die voorval het omstreek 20:16 plaasgevind.

 

Vernon Brandt is deur 5 onbekende aanvallers aangeval. Brandt is vasgevind, terwyl die aanvallers die huis geplunder het.

 

Die aanvallers het met die slagoffer se wit Toyota Hilux bakkie en vuurwapens gevlug.



NUUSBROKKIES


Back to overview

23/02/2021

COVID-19 getalle vir 23 Februarie

23 Februarie 2021
Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 41 000.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 792 met 15 342 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 5.1 %. Totale getalle tot op hede is 1 504 588.

Daar is ook 97 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 402 249.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 49 150.

1 413 566 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 8 907 857 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 23 059.



Back to overview