Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 26 Februarie 2021


COVID-19 getalle vir 26 Februarie


26 Februarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 35 056.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 1 676 met 31 862 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 5,2 %. Totale getalle tot op hede is 1 509 124.

Daar is ook 144 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 403 528.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 49 667.

1 424 401 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 8 999 322 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 52 000.



PLAASAANVAL: Man aangeval en beroof, Mpumalanga

25 Februarie 2021

Chantall Jv Rensburg

 

Daar was ‘n plaasaanval in Standerton, Mpumalanga, op 24 Februarie 2021. Die voorval het omstreek 20:16 plaasgevind.

 

Vernon Brandt is deur 5 onbekende aanvallers aangeval. Brandt is vasgevind, terwyl die aanvallers die huis geplunder het.

 

Die aanvallers het met die slagoffer se wit Toyota Hilux bakkie en vuurwapens gevlug.



NUUSBROKKIES


Back to overview

23/02/2021

Owerhede ondersoek San-rotskuns na man dit op sosiale media wou verkoop

23 Februarie 2021
Rachel Prinsloo

Die Valke is besig met ondersoek van ‘n San-rotskuns, nadat ‘n 48-jarige man die item op sosiale media probeer verkoop het.

Die 48-jarige man is deur die Valke aangekeer wat die kuns in die Port Shepstone-omgewing, KwaZulu-Natal as te koop geadverteer het. Die Valke het ‘n lasbrief bekom en die man se eiendom is deursoek.

Die 48-jarige is gearresteer en daar is beslag gelê op die rots.

Die man is daarna op R1 000 polisieborgtog vrygelaat, omrede die saak nie op die hofrol geplaas is nie. Kundiges is intussen ingespan om ondersoek in te stel om die oorsprong en inligting rakende die rotskuns te bepaal.



Back to overview