Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 26 Februarie 2021


COVID-19 getalle vir 26 Februarie


26 Februarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 35 056.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 1 676 met 31 862 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 5,2 %. Totale getalle tot op hede is 1 509 124.

Daar is ook 144 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 403 528.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 49 667.

1 424 401 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 8 999 322 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 52 000.



PLAASAANVAL: Man aangeval en beroof, Mpumalanga

25 Februarie 2021

Chantall Jv Rensburg

 

Daar was ‘n plaasaanval in Standerton, Mpumalanga, op 24 Februarie 2021. Die voorval het omstreek 20:16 plaasgevind.

 

Vernon Brandt is deur 5 onbekende aanvallers aangeval. Brandt is vasgevind, terwyl die aanvallers die huis geplunder het.

 

Die aanvallers het met die slagoffer se wit Toyota Hilux bakkie en vuurwapens gevlug.



NUUSBROKKIES


Back to overview

23/02/2021

Een dood en 6 beseer in botsing

23 Februarie 2021
Chantall Jv Rensburg

‘n Motorfietsryer het gesterf tydens ‘n noodlottige botsing op die R71 in Limpopo.

Die voorval het omstreeks 08:00 plaasgevind naby Haenertburg. Een persoon is op die toneel dood verklaar en ses ander is beseer.

Die ongeluk het plaasgevind as gevolg van roekelose bestuur en spoed. ‘n Bakkie, sedan en ‘n motorfiets was in die ongeluk betrokke.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.



Back to overview