Nuushooftrekke: 26 Februarie 2021
COVID-19 getalle vir 26 Februarie
26 Februarie 2021
Chantall Jv Rensburg
Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 35 056.
Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 1 676 met 31 862 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 5,2 %. Totale getalle tot op hede is 1 509 124.
Daar is ook 144 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.
Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 403 528.
Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 49 667.
1 424 401 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 8 999 322 toetse gedoen in SA.
Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 52 000.
PLAASAANVAL: Vrou aangerand en vasgebind, Boschkop
26 Februarie 2021
Rachel Prinsloo
‘n Plaasaanval het op 25 Februarie omstreeks 08:00 in die Boschkop-omgewing, op die Dorsfonteinpad, Pretoria, plaasgevind.
‘n Vrou is oorval deur ‘n onbekende aantal aanvallers. Sy is aangerand en vasgebind, waarna die aanvallers die huis geplunder het.
Die aanvallers het verskeie huishoudelike goedere op ‘n bakkie gelaai en gevlug.
Die vrou kon later daarin slaag om los te kom en hulp te ontbied. Alle rolspelers is na die toneel ontbied. Geen verdere inligting is op hierdie stadium bekend gemaak nie.
Die polisieondersoek duur voort, maar geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.