Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 13 MEI 2021


COVID-19 getalle vir 12 Mei

12 Mei 2021

Rachel Prinsloo


Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 25 118.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 1 548 met 26 075 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 6 %. Totale getalle tot op hede is 1 599 272.

Daar is ook 71 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 429 293.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 54 896.

1 519 258 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 10 906 020 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 414 372.

PLAASAANVAL: Muldersdrift

12 Mei 2021

Rachel Prinsloo

‘n Plaasaanval het op 10 Mei omstreeks 22:20 op ‘n kleinhoewe in Rietfontein in Muldersdrift, Gauteng, plaasgevind.

6 Aanvallers, waarvan een gewapen was, het by die huis op die hoewe ingebreek en die inwoners aangehou. Die inwoners is aangerand en vasgebind, waarna die aanvallers die huis begin plunder het. Hulle het daarna gevlug met verskeie gesteelde goedere.

Alle rolspelers is na die toneel ontbied, maar geen arrestasies is gemaak nie en die polisie is besig om die voorval te ondersoek.


 

NUUSBROKKIES

Feed

13/05/2021, 01:10 PM

Ongeveer R1,4 miljoen se vervalste goedere gevind op hawe

13 Mei 2021 Rachel Prinsloo Polisielede van Port Elizabeth het Maandag beslag gelê op ongeveer R1,4 miljoen se vervalste goedere wat vanaf ‘n winkel in PE gekom het. Die pakhuis op die hawe is deursoek,...   More


13/05/2021, 01:08 PM

Agt vas wat koeriervoertuig beroof

13 Mei 2021 Rachel Prinsloo Agt verdagtes is Woensdag gearresteer in die Wes-Rand na ‘n skietgeveg met die polisie. Die verdagtes het glo vroeër ‘n koeriervoertuig in die Rustenburg-omgewing beroof en met...   More


13/05/2021, 01:08 PM

Woordvoerder van Pretoria Dieretuin se liggaam in huis gevind

13 Mei 2021 Rachel Prinsloo Die woordvoerder van die Pretoriase Dieretuin, Craig Allenby, wat al vir die afgelope 30 jaar vir die dieretuin werk, se liggaam is Woensdag in sy huis aangetref. Volgens ‘n...   More


13/05/2021, 01:07 PM

Man spring van tweede hoogste brug in Oos-Kaap af

13 Mei 2021 Rachel Prinsloo Die 69-jarige man wat van die tweede hoogste brug in die Oos-Kaap afgespring het, se liggaam is Maandag gevind. Weens die omstandighede en gevaar om die man se liggaam te kon...   More


13/05/2021, 01:07 PM

Bejaarde in Wilgers vermis

13 Mei 2021 Mikayla Bosch ‘n Bejaarde man van Wilgers-aftreeoord, is sedert 8 Mei 2021 as vermis aangemeld by die polisie. John Rodda ‘n 82-jarige man was laaste gesien toe hy in sy wit Nissan Tiida by die...   More


Older >>