Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 24 Julie 2021


COVID-19 getalle vir 24 Julie

24 Julie 2021

Amor Gerber

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 153 778.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 13 719 met 52 474 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 26.1 %. Totale getalle tot op hede is 2 356 049.

Daar is ook 450 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 836 942.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 69 075.

2 133 196 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 14 477 689 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 6 308 201.


PLAASAANVAL: Daniëlskuil

24 Julie 2021

Rachel Prinsloo

‘n Plaasaanval het op 23 Julie in die Daniëlskuil-omgewing, Noord-Kaap, plaasgevind.

‘n Onbekende aantal aanvallers het toegang tot ‘n bejaarde paartjie se huis gekry deur om die diefwering oop te breek. Die bejaarde man, wat hartprobleme het, is met ‘n gholfstok aangerand. Die aanvallers het daarna op die bejaarde vrou gespring, wat veroorsaak dat beide haar bene gebreek het en sy het verskeie rugbeserings opgedoen.

Die bejaarde man het ongelukkig na die aanval gesterf weens ‘n hartaanval. Alle rolspelers is na die toneel onbied, maar daar is tot op hede geen arrestasies gemaak nie. Die polisieondersoek duur voort.

.




NUUSBROKKIES


Back to overview

20/07/2021

Ma kry R500 borg na sy baba vermoor

20 Julie 2021
Rachel Prinsloo

Die 28-Jarige vrou wat verlede maand haar een maand oue baba vermoor het, is op R500 borgtog vrygelaat.

VonkMedia het vroeër berig dat die vrou glo op 26 Junie die owerhede na haar huis, digby Hebron, ontbied en ‘n saak van ontvoering aanhangig gemaak het. Sy het glo beweer dat twee mans by haar huis opgedaag het en haar kêrel gesoek het. Die mans het glo daarna haar baba gevat en gevlug.

‘n Lid van die publiek het ‘n dag daarna die baba in ‘n rivier sien dryf en dadelik die owerhede ontbied. Die owerhede het die vrou ondervra, waarna sy eindelik erken het dat sy die baba vermoor en in die rivier gegooi het. Sy het op 19 Julie in die hof verskyn en aansoek om borgtog gedoen.

Die vrou is borgtog van R500 toegestaan, omdat sy glo goed saamgewerk het en dat sy ‘n vaste adres het. Hierdie saak sal weer op 11 Augustus hervat word vir verdere ondersoek.



Back to overview