Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 24 Julie 2021


COVID-19 getalle vir 24 Julie

24 Julie 2021

Amor Gerber

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 153 778.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 13 719 met 52 474 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 26.1 %. Totale getalle tot op hede is 2 356 049.

Daar is ook 450 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 836 942.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 69 075.

2 133 196 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 14 477 689 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 6 308 201.


PLAASAANVAL: Daniëlskuil

24 Julie 2021

Rachel Prinsloo

‘n Plaasaanval het op 23 Julie in die Daniëlskuil-omgewing, Noord-Kaap, plaasgevind.

‘n Onbekende aantal aanvallers het toegang tot ‘n bejaarde paartjie se huis gekry deur om die diefwering oop te breek. Die bejaarde man, wat hartprobleme het, is met ‘n gholfstok aangerand. Die aanvallers het daarna op die bejaarde vrou gespring, wat veroorsaak dat beide haar bene gebreek het en sy het verskeie rugbeserings opgedoen.

Die bejaarde man het ongelukkig na die aanval gesterf weens ‘n hartaanval. Alle rolspelers is na die toneel onbied, maar daar is tot op hede geen arrestasies gemaak nie. Die polisieondersoek duur voort.

.




NUUSBROKKIES


Back to overview

20/07/2021

Renosterstropers gevonnis

20 Julie 2021
Rachel Prinsloo

Drie renosterstropers, Jonathan Jeremy Perring (37), Keanon Terblanche (28) en Christo Shaun Swartz (30), is op 15 Julie 2021 in die Port Elizabeth-streekhof gevonnis.

Die Valke het op 21 Februarie 2021 inligting ontvang dat twee verdagtes op soek is na kopers vir ‘n renosterhoring, met ‘n straat waarde van ongeveer R500 000. Hulle het dadelik die voorval ondersoek en die twee verdagtes, Perring en Terblanche, op dieselfde dag gearresteer. Daar is beslag gelê op ‘n renosterhoring, asook twee voertuie.

Die twee het daarna in die hof verskyn en hulle is op R10 000 borgtog elk vrygelaat. Na verdere ondersoek is Swartz op 11 Maart 2021 vasgetrek. Dit het aan die lig gekom dat Swartz glo die renosterhoring by sy werkgewer gesteel het en aan Perring en Terblanche verkoop het. Hy is ook later op R10 000 borgtog vrygelaat.

Die drie beskuldigdes het sedert hulle arrestasie talle maal weer in die hof verskyn en hulle is eindelik op 15 Julie gevonnis. Hulle is elk ‘n boete van R150 000 opgelê of 30 maande tronkstraf, waarvan die helfte van die vonnis vir 5 jaar opgeskort is.



Back to overview