Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 24 Julie 2021


COVID-19 getalle vir 24 Julie

24 Julie 2021

Amor Gerber

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 153 778.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 13 719 met 52 474 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 26.1 %. Totale getalle tot op hede is 2 356 049.

Daar is ook 450 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 836 942.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 69 075.

2 133 196 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 14 477 689 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 6 308 201.


PLAASAANVAL: Daniëlskuil

24 Julie 2021

Rachel Prinsloo

‘n Plaasaanval het op 23 Julie in die Daniëlskuil-omgewing, Noord-Kaap, plaasgevind.

‘n Onbekende aantal aanvallers het toegang tot ‘n bejaarde paartjie se huis gekry deur om die diefwering oop te breek. Die bejaarde man, wat hartprobleme het, is met ‘n gholfstok aangerand. Die aanvallers het daarna op die bejaarde vrou gespring, wat veroorsaak dat beide haar bene gebreek het en sy het verskeie rugbeserings opgedoen.

Die bejaarde man het ongelukkig na die aanval gesterf weens ‘n hartaanval. Alle rolspelers is na die toneel onbied, maar daar is tot op hede geen arrestasies gemaak nie. Die polisieondersoek duur voort.

.




NUUSBROKKIES


Back to overview

20/07/2021

Rowers vas weens vinnige optrede van polisie

20 Julie 2021
Rachel Prinsloo

Die owerhede is besig om ondersoek in te stel, nadat ‘n rower Saterdag in die Wes-Kaap doodgeskiet is na ‘n rooftog.

Dit volg nadat 6 gewapende mans op ‘n slaghuis in die dorp toegeslaan het. Die rowers het gevlug met ‘n onbekende aantal kontant, ‘n skootrekenaar en ‘n selfoon. Die polisie het die rowers agternagesit en ‘n jaagtog het plaasgevind.

Die mans het later op die polisie geskiet en ‘n skietgeveg het ontstaan. Die rowers het uit die voertuig gespring en in verskillende rigtings gehardloop, terwyl hulle steeds op die polisie geskiet het. Een verdagtes is in die proses doodgeskiet en ‘n ander een het ernstige skietwonde opgedoen. Die polisie kon daarin slaag om die ander vier verdagtes ook vas te trek en die gesteelde goedere is gevind.

Die rowers het reeds Maandag in die Grabouw-landdroshof verskyn. Na verdere ondersoek het dit aan die lig gekom dat die voertuig, wat die rowers gebruik het, vroeër in die Gugulethu-omgewing gekaap is.

Die polisieondersoek duur voort.



Back to overview