Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 24 Julie 2021


COVID-19 getalle vir 24 Julie

24 Julie 2021

Amor Gerber

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 153 778.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 13 719 met 52 474 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 26.1 %. Totale getalle tot op hede is 2 356 049.

Daar is ook 450 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 836 942.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 69 075.

2 133 196 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 14 477 689 toetse gedoen in SA.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan stans op 6 308 201.


PLAASAANVAL: Daniëlskuil

24 Julie 2021

Rachel Prinsloo

‘n Plaasaanval het op 23 Julie in die Daniëlskuil-omgewing, Noord-Kaap, plaasgevind.

‘n Onbekende aantal aanvallers het toegang tot ‘n bejaarde paartjie se huis gekry deur om die diefwering oop te breek. Die bejaarde man, wat hartprobleme het, is met ‘n gholfstok aangerand. Die aanvallers het daarna op die bejaarde vrou gespring, wat veroorsaak dat beide haar bene gebreek het en sy het verskeie rugbeserings opgedoen.

Die bejaarde man het ongelukkig na die aanval gesterf weens ‘n hartaanval. Alle rolspelers is na die toneel onbied, maar daar is tot op hede geen arrestasies gemaak nie. Die polisieondersoek duur voort.

.




NUUSBROKKIES

Feed

22/07/2021, 02:22 PM

Eskom waarsku weer oor beurtkrag

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo Eskom het weer ‘n beroep op die publiek gerig om die kragverbruik te verminder om te verhoed dat beurtkrag weer ingestel word. Weens die kouefront is die daar groot druk op die...   More


22/07/2021, 02:21 PM

Verdagtes ontsnap uit polisievoertuig

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo Die owerhede in Limpopo is opsoek na 4 verdagtes Woensdag uit ‘n polisievoertuig in Polokwane ontsnap het. Die vier verdagtes, tussen 31 en 40 jaar oud, is vasgetrek vir...   More


22/07/2021, 01:52 PM

Vrou onder voertuig gesleep na bestuurder van kapers vlug

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo ‘n Vrou is Saterdagaand digby Daveton oorlede, nadat sy onder haar vriend se voertuig gesleep is, soos hy probeer vlug het van kapers. Die vrou en drie ander was in die...   More


22/07/2021, 01:51 PM

Brood en melk nie meer in aanvraag

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo Tydens ‘n inligtingsessie is daar Woensdag bekendgestel dat die voedselvoorrade weer gestabiliseer het na die onluste verlede week in KwaZulu-Natal en Gauteng. Daar is ook ‘n...   More


22/07/2021, 12:17 PM

19 renosterhorings gevind, twee gearresteer

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo Twee mans, 48 en 53 jaar oud, is Woensdag in Nelspruit gearresteer, nadat daar 19 renosterhorings, ter waarde van ongeveer R2,3 miljoen in hulle besit gevind is. Die twee...   More


22/07/2021, 11:20 AM

WeBuyCars nuwe eienaars van Ticketpro Dome

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo WeBuyCars het Dinsdag bevestig dat hulle die Ticketpro Dome in Johannesburg gekoop het en daar word beplan om hierdie struktuur nou in ‘n voertuigtoonlokaal te omskep. Dit volg...   More


22/07/2021, 11:20 AM

Student gearresteer vir aanhitsing tot geweld

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo ‘n 23-Jarige student van die Universiteit van die Vrystaat is Dinsdag gearresteer vir die aanhitsing tot openbare geweld. Die student het glo mense op WhatsApp aangehits om...   More


22/07/2021, 11:17 AM

Vleis gesteel van Hammarsdale-pakhuis nie eetbaar

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo Daar is ‘n beroep op die publiek gedoen om nie enige vleis- of pluimveeprodukte, wat by die Sequence-verkoelingspakhuis in Hammardale, KwaZulu-Natal, is, te gebruik nie. Die...   More


22/07/2021, 11:17 AM

Vrydag dalk nog kouer as Donderdag

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo Suid-Afrikaners het vreeslike koue Donderdagoggend beleef met temperature wat tot onder vriespunt gedaal het. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SANW) was daar voorspel dat...   More


22/07/2021, 11:15 AM

COVID-19 getalle vir 22 Julie 2021

22 Julie 2021 Rachel Prinsloo Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 160 462. Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 16 240 met 59 068 toetse wat in...   More


<< NewerOlder >>