Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies


Back to overview

23/03/2022

Polisiebeamptes ontvang blykbaar gereeld omkoopgeld in ‘n sekere area in Kempton Park en nou is dit op video vasgevang

23 Maart 2022
Englie Botha
‘n Video-opname het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei, waarop dit blyk asof polisiebeamptes geld van ‘n siviele persoon ontvang. Daar is intussen ook berig dat die Gautengse polisiewoordvoerder wel besvestig het dat die beamptes op die video, van die Kempton Park Sigbare Polisiëringseenheid is.

Daar word aangevoer dat ‘n ondersoek teen die beamptes van stapel gestuur is deur die Anti-Korrupsie-eenheid en daar is gesê dat: “omkoopgeld as 'n ernstige kriminele oortreding beskou word en dit is volgens wet strafbaar,” Nadat die video op Twitter verskyn het, kon Independent Media die persoon opspoor wat die video geneem het. Die persoon het sy reg om anoniem te bly, gebruik.

Die video wat Maandagmiddag net na 3 uur die middag geneem is, wys duidelik ‘n groep mans naby ‘n wit SAPS gemerkte Golf 7 GTI, staan. Die nommerplaat is ook duidelik sigbaar. Een van die mans stap oor na die passasierskant van die voertuig, terwyl ‘n polisiebeampte na die bestuurderskant stap. Daar sit ‘n beampte in die passasiersitplek en die siviele persoon haal iets uit sy sak, wat soos ‘n beursie lyk, haal iets daaruit en oorhandig dit aan die beampte in die passasiersitplek. Die beampte wat van oorkant die pad gekom het, bly staan by die bestuurderskant se deur.

Die video is geneem, in ongeveer ‘n kilometer van die Kempton Park-polisiestasie op die hoek van Maxwellstraat en Boschlaan. Die persoon wat die video-opname gedoen het, het blykbaar gesê dat hy op ‘n stadium in die omgewing gewoon het, maar verhuis het a.g.v. die misdaad wat net erger geword het daar. Daar is volgens hom baie dwelm- en mensehandelaars wat daar beweeg.

Blykbaar is hierdie situasie, wat hierdie keer op video vasgevang is, nie ‘n vreemde gesig daar nie. Blykbaar hou polisiebeamptes gereeld daar stil en ontvang dan geld voor hulle weer aanbeweeg en die ergste is dat dit ‘n berugte area vir dwelm- en mensehandel is.

Die waarnemende Gautengse provinsiale kommissaris, generaal-majoor Girly Mbele, het intussen gesê dat die bestuur geen vorm van korrupsie sal duld nie.



Back to overview