Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies


Back to overview

23/03/2022

Prokureur steel blykbaar geld uit ‘n trustfonds

23 Maart 2022
Englie Botha

Die Valke (Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek) het bekend gemaak dat ‘n voormalige prokureur, Vukani Mthembu (37), in hegtenis geneem is vir beweerde diefstal van geld uit ‘n trustfonds.

Mthembu het as prokureur in Nelspruit gepraktiseer. Hy is onder andere deur sy kliënte aangestel om namens hulle eise by die Padongelukkefonds, Meester van Hooggeregshof en Boedelkantoor in te dien. Daar word aangevoer dat sodra die eise dan uitbetaal het, dit nie deur Mthembu aan sy kliënte oorbetaal is nie. Gelde vir ‘n litigasie-saak het ook verdwyn nadat die betrokke kliënt die geld in die prokureur se trustrekening inbetaal het.

Die beskuldigde het blykbaar ‘n totale bedrag van ongeveer R 981 452 werklike verlies gesteel, terwyl eise ter waarde van R 1 300 000 potensiële verlies deur die Getrouheidsfonds gestop is.
Mthembu is op R5 000 se borgtog vrygelaat en die saak is in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof tot 6 April uitgestel.



Back to overview