Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies


Back to overview

23/03/2022

VLAK 1: Nuwe reëls en wat jy moet weet

23 Maart 2022
Amor Gerber

President Ramaphosa het Dinsdag nuwe reëls aangekondig vir Vlak 1 van die ramptoestand in Suid-Afrika. Hierdie reëls is ‘n verslapping van die streng maatreëls wat die afgelope twee jaar in Suid-Afrika gegeld het.

Hier is wat jy moet weet:

1. As jy in die opelug is, kan jy maar jou masker bêre. Maskers by opelug feeste, marke en sportbyeenkomste is nie meer verpligtend nie.
2. Binne in kantore, winkels ens. moet jy egter nog jou masker opsit.
3. Die veilige afstand tussen mense word verminder van 1.5m na 1m.
4. Tot 200 mense mag nou ‘n begrafnis bywoon, maar nagwake is nog steeds taboe en die begrafnis mag nie langer as 2 ure duur nie.
5. Toeriste van oorsee hoef nie ‘n COVID toets te doen as hulle ten volle ingeënt is nie. Die toetse sal slegs geld vir toeriste wat nie ingeënt is nie.
6. As gaste ingeënt is kan ‘n lokaal tot 50% van sy kapasiteit gevul word, met geen maksimum limiet nie,
7. As gaste nie ingeënt is nie, kan ‘n lokaal tot 50% van sy kapasiteit gevul word met ‘n maksimum van 1000 mense binnehuis en 2000 in die buitelug.

Die ramptoestand is tans geldig tot 15 April en die regering het konsepregulasies oop gemaak vir publieke kommentaar. Kommentaar is oop tot 16 April 2022.



Back to overview