Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies


Back to overview

24/03/2022

Staatsaanklaerkantore in Pretoria skuld R28 miljoen se huur

23 Maart 2022
Helga Swart

'n Kennisgewing is vroeër die week in die staatsaanklaerkantore in Pretoria aangebring wat sê die kantore sal vir die publiek gesluit wees weens onbetaalde huur. Die departement van openbare werke het bevestig dat hulle die verhuurder miljoene skuld, maar sê die is nie hulle skuld nie.

Volgens ’n verklaring wat uitgereik is deur die departement is die agterstallige huurbedrag R28 miljoen wat huur vir drie maande (Januarie, Februarie en Maart 2022) was en word deur die departement van openbare werke en infrastruktuur (DPWI) aan die verhuurder geskuld.

Die Salu-gebou huisves die Departement van Justisie wat bestaan uit die Meester van die Hooggeregshof en die kantore van die Staatsprokureur.

Volgens die woordvoerder van openbare werke was die gebou egter nooit gesluit nie, maar die elektrisiteit was wel afgesny weens die uitstaande boutariewe wat die verantwoordelikheid van die verhuurder is, nie die staat nie. Intussen het werknemers van die departement van justisie steeds toegang tot die gebou gehad ten spyte daarvan dat hulle geen krag gehad het nie.

Dit het beteken dat dienste wat deur die kantoor verskaf word, belemmer is. Daar is geen aanduiding gegee wanneer die kwessie opgelos sal word nie.



Back to overview