Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies


Back to overview

24/03/2022

‘n Man wat met donkies boer, promofeer dat die vleis daarvan gesond is om te eet

24 Maart 2022
Englie Botha

‘n Sakeman van Noordwes wat met donkies boer, sê dat die vleis en melk van donkies baie gesond is vir menslike inname. Hy bepleit selfs dat die donkiebedryf ‘n oplewing moet maak. Hy verklaar ook dat die bedryf, mense ekonomies kan bemagtig. Mompati se plaas se naam is Modi Donkey Farm

Volgens Mompati Kgomanyane-Modimogale (47) eet mense in die Noorwes al vir baie jare donkievleis en dat die produkte van donkies beslis voordelig en gesond is. Hy woon in Mafikeng en wil die besigheid so gou as moontlik uitbrei. Hy het bygevoeg dat mense wat die vleis van donkies eet, altyd bestempel is as arm mense, maar hy het met universiteite en dokters begin saamwerk om te bewys dat donkieprodukte beslis nie op neergekyk moet word nie. Donkiemelk is blykbaar ‘n uitstekende produk vir babas, veral waar moeders nie kan borsvoed nie.

Daar is berig dat ‘n pediater van Mafikeng reken dat Italiaanse navorsing al gedoen is oor donkiemelk en daar bevind is dat dit ekseem en respiratoriese probleme by kinders kan oplos. Blykbaar is dit tradisie in Mafikeng dat donkievleis opgedis word – glad nie vreemd vir die mense daar nie.

Mompati self, het grootgeword op donkievleis en -melk wat hy ingeneem het op sy oupa se plaas. Hy het blykbaar ongeveer 5 jaar gelede Botswana gaan besoek en besef dat bewusmaking van die donkiebedryf dringend gedoen moet word. Hy het die kommersiële waarde van donkievleis in Botswana gesien en is vas oortuig dat hy die bedryf kan laat bloei in Suid-Afrika. Hy verkoop nou donkiebiltong en donkie Tshotlho, wat soortgelyk is aan “pulled pork”.



Back to overview