Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies

Feed

24/03/2022, 09:55 AM

COVID-19 getalle vir 24 Maart 2022

24 Maart 2022 Helga Swart Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 12 996. Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 1 393 met 24 453 toetse wat in hierdie...   More


24/03/2022, 09:55 AM

Staatsaanklaerkantore in Pretoria skuld R28 miljoen se huur

23 Maart 2022 Helga Swart 'n Kennisgewing is vroeër die week in die staatsaanklaerkantore in Pretoria aangebring wat sê die kantore sal vir die publiek gesluit wees weens onbetaalde huur. Die departement van...   More


23/03/2022, 12:21 PM

VLAK 1: Nuwe reëls en wat jy moet weet

23 Maart 2022 Amor Gerber President Ramaphosa het Dinsdag nuwe reëls aangekondig vir Vlak 1 van die ramptoestand in Suid-Afrika. Hierdie reëls is ‘n verslapping van die streng maatreëls wat die afgelope twee...   More


23/03/2022, 11:13 AM

Prokureur steel blykbaar geld uit ‘n trustfonds

23 Maart 2022 Englie Botha Die Valke (Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek) het bekend gemaak dat ‘n voormalige prokureur, Vukani Mthembu (37), in hegtenis geneem is vir beweerde diefstal van geld uit...   More


23/03/2022, 11:12 AM

Polisiebeamptes ontvang blykbaar gereeld omkoopgeld in ‘n sekere area in Kempton Park en nou is dit op video vasgevang

23 Maart 2022 Englie Botha ‘n Video-opname het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei, waarop dit blyk asof polisiebeamptes geld van ‘n siviele persoon ontvang. Daar is intussen ook berig dat die...   More


<< NewerOlder >>