Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies

Feed

23/03/2022, 11:11 AM

COVID-19 getalle vir 23 Maart 2022

23 Maart 2022 Helga Swart Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 14 230. Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 912 met 19 376 toetse wat in hierdie tyd...   More


22/03/2022, 10:48 AM

Uber en ander e-taxi’s betoog vir drie dae

22 Maart 2022 Amor Gerber Verskeie e-taxi’s het aangekondig dat hulle in die staking vanaf Dinsdag tot Donderdag gaan deelneem. Ongelukkige drywers van Uber, Bolt, InDriver en Didi het aangekondig dat hulle...   More


22/03/2022, 10:38 AM

Vier Suid-Afrikaanse stede in die top 50 gevaarlikste stede per wêreld

22 Maart 2022 Amor Gerber Suid-Afrika het vier stede wat deel uitmaak van die jaarlikse lys van gevaarlikste vyftig stede per wêreld. Die lys word jaarliks opgestel deur die Mexican Council for Public...   More


22/03/2022, 09:59 AM

COVID-19 getalle vir 22 Maart 2022

22 Maart 2022 Helga Swart Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 14 628. Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 566 met 14 403 toetse wat in hierdie tyd...   More


22/03/2022, 09:58 AM

Deurbraak in uitvoer van bedreigde vetplante

22 Maart 2022 Helga Swart Na inligting ontvang is in verband met ‘n verdagte wat vetplante vanaf Kaapstad gaan uitvoer is ‘n geïntegreerde ondersoek tussen SAPD Malmesbury, Kuilsrivier Veediefstal- en...   More


<< NewerOlder >>