Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies


Back to overview

24/03/2022

Student intimideer die uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie by Wits Universiteit

24 Maart 2022
Englie Botha

Daar is berig dat ‘n video-opname gemaak is van ‘n student wat die uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie, Sy Mamabolo, intimideer by die Wits Universiteit. Die student het baie te sê, skree selfs en sy houding is redelik dreigend. Hy swaai ook sy vinger in Mamabolo se gesig. Die insident vind plaas tydens die bekendstelling van die Jeugkiesersregistrasie-Veldtog.

Soos afgelei kan word is die student ongelukkig met hoe Mamabolo hom vroeër blykbaar behandel het. Die student weier dat Mamabolo die media toespreek – die student eis dat Mamabolo hom eers moet om verskoning vra vir sy gedrag teenoor hom. Mamabolo het hom blykbaar nie goed aangespreek vroeër nie.

Veiligheidswagte het vinnig op die toneel verskyn om in te gryp en het probeer om die student te kalmeer. Mamabolo het egter meer en meer agteruit getree en blykbaar ook besluit om eerder die perseel te verlaat. Die woordvoerder vir die OVK het blykbaar gesê dat hulle nie verder die saak sal hanteer nie en dat dit in die Universiteit se hande is om die saak op te los. Daar is deur die woordvoerder aangevoer dat hulle net besoekers by Wits was.

Die student se besonderhede is ook nie deur die OVK geneem nie, want voer hulle aan, hulle wou verdere spanning probeer vermy. Die OVK se woordvoerder het ook gesê dat hulle nie weet uit wat die student se ongelukkigheid spruit nie. Hulle sê die voorval het net skielik gebeur en is nie bewus van iets wat daartoe kon gelei het nie.



Back to overview