Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies


Back to overview

24/03/2022

COSATO gooi gewig agter e-taxi staking in

24 Maart 2022
Amor Gerber

Die e-taxi industrie staak reeds vanaf Dinsdag die week. Hulle is ongelukkig oor hoe hulle behandel word deur die organisasies waarvoor hulle werk en wil hè hulle industrie moet gereguleer word.

e-Taxi operateurs van onder andere Uber, UberEats, Bol tand DiDi neem aan die staking deel. Hulle vereis die volgende veranderinge onmiddellik van die regering en die Toep-organisasies waarvoor hulle werk:

• Hulle wil hulle eie pryse bepaal, of dit moet deur die regering gereguleer word.
• Hulle vereis dat organisasies soos Uber, Bolt ens nie die pryse mag bepaal nie.
• Die hele industrie moet gereguleer word, nie net die drywers nie maar ook die toep-organisasies.
• Toep-organisasies moet verantwoordelik gehou word vir die dood van enige e-taxi bestuurders. Kompensasie moet aan familie gegee word.
• Kriminalisasie van gewelddadige aksies teen e-taxi bestuurders
• Met die regulering moet daar permitte gegee word aan e-taxi bestuurders sodat nie enige iemand homself kan uitgee as ‘n e-taxi bestuurder nie.

Cosato het aangekondig dat hulle die bestuurders Donderdag sal bystaan met hulle optogte dwarsoor die land.



Back to overview