Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies


Back to overview

25/03/2022

R38 miljoen tender toegestaan vir watermeters wat reeds geïnstalleer is

25 Maart 2022
Englie Botha

In 2012 is R38 miljoen aan ‘n maatskappy toegestaan om watermeters te installeer in die Alfred Ndzo Distriksmunisipaliteitsgebied. Die probleem is dat die watermeters wel reeds geïnstalleer was. Groot somme geld is ook gedeel met ‘n ander maatskappy – dit wil voorkom of dit ‘n sub-kontrakteur sou wees.
Die saak is deur die Valke ondersoek en bedrogsake is nou geopen teen vier hooggeplaaste amptenare van die Alfred Ndzo Distriksmunisipaliteit, asook ‘n onafhanklike sakeman. Hierdie 5 persone is tans in gevangenisskap.
Die provinsiale woordvoerder van die Valke, Kaptein Yolisa Mgolodela, het aangevoer dat die verdagtes eersdaags in die Mthatha-landdroshof sal verskyn. Buiten die aanklagte van bedrog, staar die amptenare ook aanklagte in die gesig vir die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.



Back to overview