Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

Nuushooftrekke: 30 Maart 2022

 





PLAASAANVALL: Delmas

26 Maart 2022

Amor Gerber

Op Saterdagoggend, 26 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval net buite Delmas in die Rietkol-area. ‘n Vrou is oorweldig in die tuin en in die huis in gesleep. Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was.

Die huiswerker is binne in die huis gekry en ook aangeval. Beide vrouens is ernstig aangerand en vasgebind. Die aanvallers het wapens en geld gesoek.

Die aanvallers het ter voet gevlug nadat hulle nie die motor aangeskakel kon kry nie.

Die polisie soek nog na die aanvallers.


PLAASAANVAL: Sundra

30 Maart 2022

Amor Gerber

Op 27 Maart 2022 was daar ‘n plaasaanval op ‘n plaas buite Sundra. Teen ongeveer 22:00 die aand het vier aanvallers ‘n plaaswerker en haar vriend in die hoofhuis op die plaas aangeval.

Die aanvallers het hulle met ysters gedreig en selfone en geld gesoek. Toe die eienaar by die werkers aankom om te help is hy met ‘n yster oor die kop geslaan. Hy is daarna ook in die huis in gesleep.

Die eienaar is beroof van sy pistool, sy selfoon en geld.

Die polisie ondersoek die saak en nog geen arrestasies is gemaak nie.


LEES ONS NUUSBRIEF HIER


Vandag in die nuus

© Die inhoud op VonkMedia is die intellektuele eiendom van VonkMedia en kan nie sonder toestemming gerepliseer of gebruik word nie. Sou enige inligting op die webblad van VonkMedia gebruik word moet die joernalis en VonkMedia erkenning kry en die VonkMedia webblad se skakel moet saam gepubliseer word.Vir toestemming kontak: amor@toekomsvonk.co.za

 

 

Nuusbrokkies


Back to overview

25/03/2022

Chaos in Robertson: SA Menseregtekommissie gaan lê besoek af

25 Maart 2022
Englie Botha

Daar was sterk wrywing wat uitgeloop het op geweldadige botsings oor werksgeleenthede op die plase in die Robertson-omgewing. Die Lesotho-burgers en Zimbabwiërs baklei vir die posisies as plaaswerkers. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) is genader vir bemiddeling by Nkqubela in Robertson.

Daar word beweer dat die arbeidsmakelaar vir die gebied, die een nasie meer goedgesind is as die ander en blykbaar dan net voorkeur gee aan die een nasie. Die wrywing het so sterk geraak dat geweld uitgebreek het en ongeveer 200 mense se lewens is daardeur geraak.

Die SAMRK het ‘n verklaring uitgereik, nadat hulle met verskeie rolspelers, waaronder die Langeberg Munisipaliteit en polisie, vergader het. Daar is blykbaar 3 hoof areas geïdentifiseer wat dringende aandag sal geniet. Dit sluit in die verkryging van tydelike akkommodasie vir buitelandse burgers wat sonder heenkome is, totdat ‘n beter langtermynoplossing vir al die probleme gevind kan word. Natuurlik is daar nie dienste beskikbaar vir hierdie buitelandse burgers nie en dit moet ook dringend aangespreek word. Daarvoor gaan die Burgermeester van die Langeberg-munisipaliteit met die premier van die Wes-Kaap en die departement van menslike nedersettings vergader om te help met toegang tot basiese dienste.

Die SAMRK wil almal betrokke ondersteun en het aangevoer dat: “Die SAMRK, ondersteun deur die Munisipaliteit van Langeberg, ook 'n beraad sal aanbied om met plaaslike boere en arbeidsmakelaars te skakel.” Oor die volgende paar dae sal die SAMRK, ondersteun deur ander belanghebbendes, byeenkomste in Nkqubela aanbied.



Back to overview